C

’n Liefdesverhaal om die kwarantyntydperk op te kikker: Kanaän deur Sophia Kapp is nou by LAPA as e-boek beskikbaar
 More about the book!

Hulle is pole uit mekaar: Hy is ’n eenvoudige Afrikanerboer uit die Vrystaat; sy is die gesofistikeerde dogter van ’n skatryk Engelse sakeman.

Hulle moes nooit ontmoet het nie, maar op 17 Junie 1944 loop Catherine in Chrisjan arms in.

Wanneer die wêreld om haar in duie stort, bied hy vir haar ’n uitweg – ’n jaar op Kanaän as sy vrou. Dit behoort haar die geleentheid te gee om die stukke op te tel. Kort voor lank besef Catherine dat Chrisjan meer vir haar beteken as al haar gesofistikeerde Johannesburgse vriende.

Sal sy die verskriklike prys wat hierdie liefde van haar vereis, kan betaal?

Oor die outeur 

Sophia Kapp skryf die soort stories wat sy self graag lees – liefdesromans. Sy glo onwrikbaar in die liefde en in die helende krag daarvan, maar glo ook dat haar hoofkarakters dieselfde sout as haar lesers moet opeet voordat hulle die vervulling daarvan mag smaak. Die erflating is in 2008 met die ATKV-Woordveertjieprys vir Liefdesromans bekroon en Huis van die wind in 2012. Sophia was ook twee agtereenvolgende jaar die wenner van die Rapport-prys vir die mees inspirerende dosent in die Fakulteit Lettere en Wysbegeerte aan die Potchefstroomkampus van die NWU. Sy het ’n MA in tale aan die destydse UOVS behaal en het aanvanklik ’n akademiese loopbaan gevolg, maar sy was intussen al alles, van ’n barrista tot ’n boekhouer in ’n bank. Tans is sy, benewens ’n skrywer, ook taalpraktisyn, vertaler, dosent en lid van die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.

Kanaän sal later ook as papierboek in die winkels wees. Laai dit af by:

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans Kanaän LAPA LAPA Uitgewers New books New releases Romance Sophia Kapp


2 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments