LAPA

Graffiti-aanlynkuier met Sophia Kapp: Die skrywer gesels met Heino du Plessis oor haar jongste boek, Kanaän (2 Junie)

Graffiti Boekwinkel en LAPA Uitgewers nooi jou hartlik uit na ‘n aanlynkuier saam met Sophia Kapp op Dinsdag, 2 Junie, om 19:00. Moenie dit misloop nie!

Video: Ben Viljoen gesels met die Boekemakranka-span oor sy jongste roman, ’n Ballade vir Nkunzi, en gee ’n kort voorlesing

In hierdie video gesels Ben Viljoen oor sy jongste roman, ’n Ballade vir Nkunzi, en lees hy ’n uittreksel waarin die boek se humor en deernis uitgebeeld word.

Lees ’n uittreksel uit ’n Huis vir altyd deur Cecilia Nortjé: Na haar man se dood moet Milan Stander oor begin op Vaalkrans

Ná Milan se man sterf in ’n vliegongeluk, moet sy haar rykdom en lewe in Sandton vaarwel roep. Lees ’n uittreksel uit ’n Huis vir altyd deur Cecilia Nortjé

‘Dis ’n droom, Ferdinand. Drome kos nooit niks nie’: Lees ’n heerlike uittreksel uit Kanaan deur Sophia Kapp

Hulle moes nooit ontmoet het nie, maar op 17 Junie 1944 loop Catherine in Chrisjan arms in. Lees ’n uittreksel uit Kanaän deur Sophia Kapp.

Hou jou kinders besig en nuuskierig met Fanie Viljoen se splinternuwe reeks klein boekies met baie inligting

Het jy geweet muskiete is van die dodelikste diere op aarde, piesangs is radioaktief en jou vingers het glad nie spiere nie? Hou die kinders besig met Fanie Viljoen se nuwe reeks klein boekies propvol feite vir jong lesers.

Ontdek die ster in jou anderster kind in Help! My kind is anders deur Christien Neser, nou as e-boek beskikbaar

Nou beskikbaar as e-boek by LAPA Uitgewers: Help! My kind is anders deur Christien Neser.

’n Jong, roekelose joernalis ondersoek die moord op ’n regter in Malene Breytenbach se nuwe spanningsverhaal, Skadumagte

Is jy reg vir Malene Breytenbach se nuwe spanningsverhaal? Skadumagte is nou beskikbaar by LAPA as e-boek

Video: Anneleigh Jacobsen’s thriller Corporation Games explores the greed, sex and power imbalance of the corporate world

Watch the video: The Boekemakranka team Trisa and Analize recently chatted to Anneleigh Jacobsen about her fictional corporate thriller, Corporation Games.

Sielskos vir moeë, ingeperkte mense: ’n Huis vir altyd deur Cecilia Nortjé

Milan se lewe is ’n gemors: Haar man is oorlede; sy is vir die eerste keer in haar lewe arm, en haar enigste besitting is ’n vervalle huis op Vaalkrans. Lees haar storie in ’n Huis vir altyd deur Cecilia Nortjé – nou by LAPA beskikbaar as e-boek.

Bederf jouself met Didi Potgieter se stomende, sissende e-rotika, Perke – slegs beskikbaar as e-boek

’n Onwaarskynlike paartjie beland onder een dak tydens inperking in Didi Potgieter se jongste e-rotiese roman, Perke.

Poppie is uit die kerk, maar die kerk is nie uit haar nie: Die opstand van Poppie Nel deur Hans du Plessis, nuut by LAPA

Só ontvou Poppie se verhaal in Die opstand van Poppie Nel. Sy vertel vir Dominee Lukas van ‘n pastoor wat openbarings kry, hoe die pastoor haar misbruik en hoe haar gesin, veral haar ma, medepligtig is.

Vier nuwe Romanzas deur Marilé Cloete, Alma Carstens, Renda de Waal-Fourie en Louise van der Merwe – nou as e-boek beskikbaar!

Nuut by LAPA Uitgewers – vier nuwe Romanzas om die koue weg te lees. Al hierdie romanses sal later ook as papierboek in die winkels beskikbaar wees.

Kyk na die virtuele bekendstelling van Deborah Steinmair se nuutste boek As jy van moord droom op Boekemakranka

Kyk na Boekemakranka se virtuele boekbekendstelling en gesprek met Deborah Steinmair oor haar nuuste boek, As jy van moord droom, uitgegee deur LAPA Uitgewers.

Sophia Kapp gesels oor Kanaän: ‘Ek skryf vroue wat in moeilike omstandighede sterk word’

Sophia Kapp gesels oor haar jongste liefdesroman, Kanaän: Die verhaal van Chrisjan en Catherine, ’n eenvoudige Afrikanerboer uit die Vrystaat en ‘n gesofistikeerde dogter van ’n skatryk Engelse sakeman.

Iets onheilspellend broei by hierdie bruilof – Lees ’n uittreksel uit Bloedfamilie deur Elsa Hamersma

Lees ’n uittreksel uit Elsa Hamersma se jongste roman, Bloedfamilie – die aangrypende verhaal van ’n familie wat worstel met ’n dodelike geheim en obsessie.

‘Pa is groot en ons klein en die lewe is nie ’n regverdig plek nie’ – Lees ’n uittreksel uit ’n Ballade vir Nkunzi deur Ben Viljoen

Daar is min verhale in Afrikaans wat armoede uitbeeld soos ’n Ballade vir Nkunzi deur Ben Viljoen. Lees die uittreksel waarin Bernard Welman sy geweld op sy familie uithaal.

Video: Armand Aucamp vertel hoe hy gesond eet tydens die inperking en deel sy gunsteling skuldvrye peuselhappie

Die gewilde akteur en kookboekskrywer Armand Aucamp het onlangs met Heino du Plessis gesels oor sy twee nuwe e-boeke, Bant saam met Armand en Inspiration for Isolation: 14 Low-Carb Recipes for 14 Days.

‘Ek herken haar. Sy is … Maryna.’ Lees ’n uittreksel uit As jy van moord droom deur Deborah Steinmair

Lees ’n uittreksel uit As jy van moord droom deur Deborah Steinmair waarin ma en dogter mekaar na 20 jaar vir die eerste keer weer sien. Die eerste ontmoeting speel nie af soos wat Erin verwag het nie. Haar dogter praat beter Chinees as Afrikaans, is grotesk, het ’n daggagewoonte en sê amper nooit enigiets nie.

Koronavirus: ’n Boek vir kinders is nou as gratis e-boek by LAPA beskikbaar

Nuut by LAPA: ’n Gratis e-boek om ouers te help om die koronavirus aan hul kinders te verduidelik. Koronavirus: ’n Boek vir kinders is geïllustreer deur Axel Scheffler en na Afrikaans vertaal deur Jaco Jacobs.

Selfpublikasie: Maak jou boekdroom waar met Paper Frog Publishing, ’n onderafdeling van LAPA en Penguin Random House SA

Baie skrywers droom daarvan om gepubliseer te word, maar hulle wil nie algehele beheer oorlaat aan ’n groot, tradisionele uitgewery nie. Paper Frog Publishing is geskep om sulke individue te help.