C

Koronavirus: ’n Boek vir kinders is nou as gratis e-boek by LAPA beskikbaar
 More about the book!

Aandag alle ouers, nou is daar ’n gratis hulpbron waarmee jy die koronavirus aan jou kinders kan verduidelik. Koronavirus: ’n Boek vir kinders is nou as e-boek beskikbaar vir ouers en gesinne om saam die pandemie te leer verstaan. Die boek is saamgestel deur internasionale kenners en wetenskaplikes en na Afrikaans vertaal deur Jaco Jacobs.

Oor die boek

Daar’s ’n nuwe woord wat jy dalk gehoor het. Miskien het jy mense daaroor hoor gesels, of dalk het jy dit op die nuus gehoor. Dié woord is die rede waarom jy nie skool toe gaan nie. Dit is die rede waarom jy nie so gereeld buitentoe kan gaan of by jou maats mag gaan kuier nie. Dit is dalk ook die rede waarom die grootmens of grootmense wat jou versorg op die oomblik by die huis bly. Die woord is … Koronavirus.

Oor die samestellers

Nosy Crow het dié boek blitsvinnig saamgestel om kinders en hul gesinne se behoeftes aan te spreek. Geskep deur Elizabeth Jenner, Kate Wilson en Nia Roberts met die hulp van Professor Graham Medley, ’n spesialis in die modellering van aansteeklike siektes by die Londense Skool vir Higiëne & Tropiese Geneeskunde. Geïllustreer deur Axel Scheffler en na Afrikaans vertaal deur Jaco Jacobs.

Gebruik hierdie video as ’n gids om LAPA se e-boeke af te laai:

 

Categories Afrikaans Non-fiction South Africa South African Current Affairs

Tags Afrikaans Axel Scheffler Jaco Jacobs Koronavirus Koronavirus: 'n Boek vir kinders LAPA LAPA Uitgewers LAPA Uitgewers eReader APP


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments