C

Video: Armand Aucamp vertel hoe hy gesond eet tydens die inperking en deel sy gunsteling skuldvrye peuselhappie
 More about the book!

Die gewilde akteur en kookboekskrywer Armand Aucamp het onlangs met Heino du Plessis gesels oor sy twee nuwe e-boeke, Bant saam met Armand en Inspiration for Isolation: 14 Low-Carb Recipes for 14 Days.

‘Ek het besluit om tydens hierdie periode van inperking, waartydens mense nie toegang het tot boekwinkels nie, iets bymekaar te sit wat toeganklik, goedkoop en digitaal is,’ sê Armand.

Die e-boek bevat resepte uit sy banting- en keto-kookboek Armand kook kaal – die maer uitgawe wat in 2019 by LAPA Uitgewers verskyn het.

‘Ek het resepte gekies wat spesifiek bestanddele bevat wat nie moeilik is om in die hande te kry nie. Eenvoudige, maklike resepte met basiese bestanddele.’

Kyk na die video:

***

Armand het ook vroeër in April met Suzaan Steyn op kykNET Pandemie gesels oor hoe hy gesond eet tydens die inperking. Armand sê hy sukkel vreeslik met peusel en om aktief te bly – soos meeste Suid-Afrikaners – en deel sy gesonde skuldvrye peuselhappie.

Kyk na die video:

 

Laai die e-boek af:

Categories Afrikaans Cookery Non-fiction South Africa

Tags Afrikaans Armand Aucamp Bant saam met Armand Cookbooks ebooks Heino du Plessis Inspirasie vir isolasie Inspiration for Isolation kykNET Pandemie LAPA LAPA Uitgewers


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments