C

Sielskos vir moeë, ingeperkte mense: ’n Huis vir altyd deur Cecilia Nortjé
 More about the book!

Ná Milan se man sterf in ’n vliegongeluk, moet sy haar rykdom en lewe in Sandton vaarwel roep. Haar eggenoot het hul geld verkwis en die skuldeisers eis alles op. Al wat sy vir ’n erflating oorhou, is haar man se tant Corrie se huis op Vaalkrans.

Die klein dorpie is vir haar ’n groot aanpassing. Alles is anders. Haar bure loer tydig en ontydig in. Die oornooi vir etes en gesprekke oor persoonlike dinge pla haar, maar dan sien sy hoe hulle omgee vir mekaar én vir haar.

Haar geldsake is beroerd, maar soos sy haar voete vind en tant Corrie se huis leer ken, sien sy potensiaal en begin uiteindelik weer leef, werklik lééf.

Hierdie roman is sielskos vir moeë, ingeperkte mense.

Oor die outeur

Cecilia Nortjé woon op ’n plaas met haar gesin. In die week is sy ’n lektor by die VOO Kollege en naweke versin sy romanses. Sy raak opgewonde oor reën in die Bosveld, goeie kos, ’n kwinkslag wat met perfekte tydsberekening kwytgeraak word, en is ’n onversadigbare boekevraat. Sy is ’n regterbreinmens wat haar uitleef in tuinmaak, skryf en teken.

’n Huis vir altyd is nou beskikbaar as e-boek:

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags 'n Huis vir altyd Afrikaans Cecilia Nortjé e-Boek ebooks LAPA LAPA Uitgewers New books New releases


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments