C

Bederf jouself met Didi Potgieter se stomende, sissende e-rotika, Perke – slegs beskikbaar as e-boek
 More about the book!

’n Onwaarskynlike paartjie beland onder een dak tydens inperking. Gerbrandt boer in die Noord-Kaap en Landi is ’n model wat op internasionale voorblaaie pryk.

Toe Landi die deur oopmaak, staan Gerbrandt voor haar. Die laaste sluk whisky talm nog agter in haar keel. Net een tree, dit is al wat sy hoef te gee, toe is haar hande om sy nek. Sy mond is hard en honger en dit maak haar binneste warmer as die whisky. Sy hande is grof oor haar rug toe dit onder haar hemp ingaan.

‘Jy proe soos whisky,’ sê hy uitasem.

Sy lig haar ken en vou haar arms oor haar bors. ‘Dit is darem goeie whisky,’ antwoord sy.

Hierdie boek is nie vir jong of preutse lesers bedoel nie. Die sekstonele gaan soos goeie whisky jou lyf warm maak.

Didi Potgieter se stomende, sissende e-rotika is tans net as e-boek te koop:

Oor die outeur

Didi Potgieter woon haar lewe lank op Potchefstroom in Noordwes. Vandat sy kan onthou skryf sy liefdesverhale in haar kop, maar ‘n finalejaarsopdrag het haar gedwing om dit op papier te waag. So het haar eerste Romanza, Leer my liefhê, die lig gesien. Met ‘n man, twee kinders en die verantwoordelikheid van brood op die tafel sit, was tyd vir skryf maar min. Tog het die stories en die karakters bly opduik en aan die begin van 2017 het sy besluit om voltyds te begin skryf. Didi wen in 2018 die ROSA (Romance Writers of South Africa) Imbali-toekenning met Liefde vir ’n ridder, en was al twee keer ‘n finalis vir die ATKV-Woordveertjiesprys.

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Didi Potgieter E-boeke e-rotika ebooks LAPA LAPA Uitgewers Perke Wênkbrou


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments