C

Sophia Kapp gesels oor Kanaän: ‘Ek skryf vroue wat in moeilike omstandighede sterk word’
 More about the book!

Cliffordene Norton het onlangs met Sophia Kapp gesels oor haar jongste liefdesverhaal, Kanaän.

Dié roman het pas by LAPA Uitgewers verskyn en vertel die verhaal van Chrisjan en Catherine, ’n eenvoudige Afrikanerboer uit die Vrystaat en ‘n gesofistikeerde dogter van ’n skatryk Engelse sakeman wat mekaar per toeval eendag ontmoet.

‘Ek het ’n baie sagte plek vir ou Chrisjan. Hy is tekenend van baie Afrikaners van daardie tyd: Het nie werklik geleenthede gehad nie,’ vertel Sophia. ‘Hy is, in vergelyking met Catherine, ’n regte plaasjapie. Hy ken nie musiek nie, hy ken nie letterkunde nie, hy verstaan skaars die Shakespeare-sonnet wat sy vir hom voorlees.’

Lees die onderhoud:

Sterk vroue is kenmerkend van jou romans. ’n Bedonnerde diva, ʼn konvensionele, wit, Afrikaanse vrou en nou … ’n gesofistikeerde Engelse vrou. Sophia, vertel ons meer oor Catherine Baker, die vroulike hoofkarakter in Kanaän?

Ek dink nie ek skryf soseer sterk vroue as wat ek vroue skryf wat in moeilike omstandighede sterk word nie.

Catherine is aan die begin van die storie eintlik maar ’n gewone meisie wat op ’n gewone manier in haar omgewing pas. Sy is deel van die Johannesburgse elite en dit maak haar bevoorreg en eiegeregtig, nie noodwendig sterk nie. Sy is mooi, maar sy is nie besonder dapper nie. Sy is trouens ’n bietjie onderdanig teenoor haar pa, wat nie dink sy behoort ’n loopbaan te hê nie. Dis eers as haar lewe in duie stort en sy buite haar gemaksone moet beweeg – en leer om binne ’n vreemde omgewing haar beginsels uit te leef – dat sy ’n sterk vrou word.

Kanaän sal later ook as papierboek in die winkels wees, maar vir nou is dit beskikbaar as e-boek:

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans Cliffordene Norton Interviews Kanaän LAPA LAPA Uitgewers Litnet Sophia Kapp


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments