C

Vier nuwe Romanzas deur Marilé Cloete, Alma Carstens, Renda de Waal-Fourie en Louise van der Merwe – nou as e-boek beskikbaar!
 More about the book!

Nuut by LAPA Uitgewers – vier nuwe Romanzas om die koue weg te lees. Al hierdie romanses sal later ook as papierboek in die winkels beskikbaar wees.

Vir altyd lente deur Marilé Cloete

Jennie Mouton is ’n verstandige meisie wat ’n enkele dwase besluit in haar lewe geneem het. Terwyl sy op haar eie in Europa toer, trek sy halsoorkop by ’n vurige Pool in.

Die verhouding word gou afbrekend en toksies. Toe sy uitvind sy is swanger, breek sy weg en keer terug na haar ouers en haar vriendekring in die Klein Karoo.

By haar ouers is daar aanvanklik nie genade nie, maar in haar vriendekring word sy met liefde ontvang en aanvaar.

Herman Fick is die macho haarkapper, die hartebreker, die grapmaker, maar ook die man wat sy dogter alleen grootgemaak het. Niemand op die dorp weet wat tussen hom en die ma van sy kind gebeur het nie en niemand vermoed dat hy die een kon wees wat mishandel is nie.

Wanneer Herman sy geheim met Jennie deel, vorm dit die grondslag vir ’n veel dieper verhouding tussen hulle.

Nou beskikbaar as e-boek:

Amazon

LAPA

***

Ayla se sonde deur Alma Carstens

Ayla vind met ’n skok uit dat sy swanger is. Die simptome was daar, maar sy het bly hoop dat sy iets anders makeer. Sy is sedert haar skooljare verlief op Adam Durandt, die kroonprins van die Durandt-sakeryk. Hulle het tydens ’n vriendin se verlowingspartytjie te ver gegaan, maar nou wil hy niks met die gevolge van daardie een aand te doen hê nie. Adam se skatryk familie verwag van hom om met die ewe ryk Patricia Bicknell te trou, maar dis glad nie wat hy wil hê nie.

Ayla en haar alkoholispa het aan die verkeerde en armste kant van die dorp in Bloekomlaan gebly, daarom sal Ayla nooit goed genoeg wees vir die ryk Adam Durandt nie, al droom sy al jare lank oor hom.

Haar swangerskap verpletter egter haar drome, ook nog meer toe Adam aanvanklik niks wil weet van die baba nie. Vir hom is dit ook ’n verleentheid, maar sal dié kind dalk ’n seën wees en hom die uitkoms bied waarna hy verlang?

Nou beskikbaar as e-boek:

Amazon

LAPA

***

Om die sterre te raak deur Renda de Waal-Fourie

Rachelle de Villiers raak smoorverlief op haar stiefbroer, Jakobus (Jakes) Fouché. Dit blyk dat hy haar betowerend vind, maar sy besluit om op Stellenbosch te gaan swot, ver van Pretoria, haar tuisstad.

Sy verban Jakes uit haar lewe en oortuig haarself dat sy niks van hom dink nie. Meer as ses jaar verloop voordat sy teruggaan Pretoria toe om by haar stiefpa te kuier, vas onder die indruk dat Jakes nog lank oorsee gaan wees met ’n projek waaraan hy werk.

Jakes kom vroeër terug, en die ou aantrekkingskrag tussen hulle vlam weer op. Sy hoor ’n gesprek wat sy nie moes hoor nie en begin ernstig twyfel of sy en Jakes ooit vir mekaar bestem is.

Nou beskikbaar as e-boek:

Amazon

LAPA

***

Kiekies en koffie deur Louise van der Merwe

Christelle het die perfekte lewe met die perfekte lewensmaat (haar wit Labrador, Walter); dit is nou tot Joshua Steyn dié prentjie kom omvêr gooi.

Joshua is voorspelbaar en loopbaangedrewe. Christelle se chaotiese manewales laat hom pens en pootjies in die warmwater én buite sy gemaksones beland; hy kan dit nie help nie maar hy hou daarvan!

Gaan dit werk vir die twee?

Nou beskikbaar as e-boek:

Amazon

LAPA

 

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans Alma Carstens Ayla se sonde ebooks Kiekies en koffie LAPA LAPA Uitgewers Louise van der Merwe Marilé Cloete New books New releases Om die sterre te raak Renda de Waal-Fourie Romanza Vir altyd lente


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments