C

Ontdek die ster in jou anderster kind in Help! My kind is anders deur Christien Neser, nou as e-boek beskikbaar
 More about the book!

Hoe kan jy jou anderster kind ’n ‘A+’-kind te maak?

Om ’n tipiese kleuter groot te maak is geen grap nie. Hoe dan gemaak as jou kind ‘anders’ is? Wat as hulle hiperaktief en aandagafleibaar is? Wat as jy vermoed hulle is op die outismespektrum? Hoe gemaak met lae spiertonus en ’n swak pengreep? Wat as hulle ’n taalagterstand het, lispel of hakkel? Wat as daar leerprobleme of angs is?

In Help! My kind is anders beantwoord ’n span kundiges dié en vele ander vrae waarmee ouers vandag worstel.

Is terapie werklik nodig of net ’n geldmaakstorie? Waar begin ’n mens as jy dink daar is fout?

In boeiende gevallestudies vertel ouers en terapeute saam hul ware verhale van deursettingsvermoë en hoop.

***

Christien Neser interviews a team of specialists and creates an easy-to-understand toolkit for any parent who worries that their child may be ‘different’.

Oor die outeur

Christien Neser het grootgeword in Bloemfontein en Pretoria. Sy het aan die Hoërskool Menlopark gematrikuleer en by Tukkies as spraakterapeut gekwalifiseer. Sy het ook ’n honneurs in Frans by Unisa en ’n MA in Toegepaste Linguistiek en Vertaling by UJ voltooi. Tans woon sy saam met haar man en honde in Bryanston, Johannesburg. Hulle het drie kinders (Louise, Michael en Chris) wat al uit die nes uit is. Bedags werk sy deeltyds as spraakterapeut en saans skryf sy. Ander belangstellings van Christien sluit in: Franse klasse, tandem-fiets ry, lees en tuinmaak. In haar praktyk spesialiseer sy in lees en meertaligheid. Die gesin hou van aktiewe vakansies, soos fietstogte en 4X4 toere. Die Elle-reeks het ontstaan op ’n kampeervakansie in Botswana. Die reeks is gemik op tienermeisies (van alle ouderdomme) wat hou van ’n aweregse heldin, humor en romanse.

Help! My kind is anders is beskikbaar as e-boek:

Categories Afrikaans Non-fiction South Africa

Tags Afrikaans Christien Neser Help! My kind is anders LAPA LAPA Uitgewers New books New releases Self-help


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments