C

Video: Ben Viljoen gesels met die Boekemakranka-span oor sy jongste roman, ’n Ballade vir Nkunzi, en gee ’n kort voorlesing
 More about the book!

Die Boekemakranka-span Trisa Hugo en Analize Viljoen was onlangs in gesprek met Ben Viljoen oor sy nuutste roman, ’n Ballade vir Nkunzi.

Daar is min verhale in Afrikaans wat armoede uitbeeld soos ’n Ballade vir Nkunzi. En tog bevat die boek ’n goeie skeut galgehumor.

‘Die boek gaan basies oor die verhouding tussen ’n seun en sy pa … vandat die seun klein is tot sy pa uiteindelik oorlede is, en die klomp goed wat daarmee saamgegaan het, die omstandighede waarin hulle geleef het,’ vertel Ben oor die kern van die storie. ‘Hulle het nie goed oor die weg gekom nie, weens die omstandighede waarin hul pa se gewoontes hul gedompel het.’

Die een ding wat pa en seun wel in gemeen het, is hul liefde vir musiek. In die video lees Ben  ’n humoristiese greep voor waarin die seun sy meer moderne musiek vir sy pa probeer speel.

Kyk na die gesprek:

’n Ballade vir Nkunzi is ook beskikbaar as e-boek:

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags 'n Ballade vir Nkunzi Analize Viljoen Ben Viljoen Boekemakranka LAPA LAPA Uitgewers Trisa Hugo


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments