C

’n Jong, roekelose joernalis ondersoek die moord op ’n regter in Malene Breytenbach se nuwe spanningsverhaal, Skadumagte
 More about the book!

Is jy reg vir Malene Breytenbach se nuwe spanningsverhaal?

’n Jong, roekelose joernalis ondersoek die moord op ’n regter. Dit lei haar na oud-Recces met griewe, oorlewingskampe, ’n geheime organisasie, wraak en intimidasie. Iemand fnuik of wreek plaasmoorde. Dit lei tot meer bloed.

Die regter se weduwee word ook bedreig en moet beskerm word. Die man wat sy as haar veiligheidswag aanstel, is ’n oud-Recce. Het hy iets met die moord op die regter te doen?

Oor die outeur

Malene Breytenbach woon in Stellenbosch met haar man, Willie. Sy het by die Universiteit Stellenbosch gewerk toe haar eerste romanse, Palmyra herleef, in 2005 deur LAPA Uitgewers gepubliseer is. Sedertdien is byna vyftig van haar romanses (kontemporêr, medies en histories) deur LAPA en Tafelberg Uitgewers gepubliseer. Sy geniet dit terdeë om romanses te skryf. Tans skryf sy voltyds. Sy skryf ook romans, kortverhale en koerantartikels en lewer gereeld resensies vir tydskrifte en koerante.

Skadumagte is nou beskikbaar as e-boek:

 

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans ebooks LAPA LAPA Uitgewers Malene Breytenbach New books New releases Skadumagte


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments