Afrikaans
Thursday – 13th August 2020
‘Hoe sal jy die Kaap beskryf? Sonskyn of storms?’ Lees ’n uittreksel uit In sonskyn en storms deur Frenette van Wyk
Skrywer Frenette van Wyk het onlangs ’n kort uittreksel uit haar nuwe e-boek, In sonskyn en storms, op haar Facebook-blad gedeel. Lees die uittreksel.
Wednesday – 12th August 2020
Hoop, heling en harmonie deur Malcolm de Roubaix daag lesers uit om nuut te dink oor siekte en genesing – veral tydens Covid-19
Siekte is ’n natuurlike verskynsel sonder betekenis, skryf Malcolm de Roubaix in sy nuutste boek, Hoop, heling en harmonie: Dink nuut oor siekte en genesing
Friday – 7th August 2020
Waar onthou begin deur Connie Luyt: Nuut in Augustus by Penguin Random House SA
Waar onthou begin deur Connie Luyt is nou beskikbaar by Penguin Random House SA!
Wednesday – 5th August 2020
‘Die hamer tref die houtpen met ’n dowwe knal’ – Lees ’n uittreksel uit Jan Vermeulen se gotiese riller, Nagjagter
Lees ’n uittreksel uit Nagjagter deur Jan Vermeulen, nou beskikbaar by jou naaste boekwinkel en as e-boek.
Tuesday – 4th August 2020
Nuut by Wenkbrou: Roekeloos deur Christelle Woudberg, stomende e-rotika oor ’n MMA-vegter wat moet baklei vir liefde
Ses jaar gelede het Storm skielik uit Zara se lewe verdwyn, sonder rede of ’n verduideliking. Nou is hy terug en het een ding op die brein: Om vir Zara weer terug te wen en finaal syne te maak.
Monday – 3rd August 2020
LAPA is opsoek na ’n nuwe produksieassistent in Pretoria – is jy dalk die geskikte persoon? Doen aansoek voor 14 Augustus
LAPA Uitgewers – ‘n afdeling van Penguin Random House SA – het ’n vakature vir ’n gekwalifiseerde en dinamiese persoon om as produksieassistent by LAPA Uitgewers in Pretoria diens te verrig.
Friday – 31st July 2020
Vampiere – in Port Elizabeth? Kom gesels met Jan Vermeulen by die aanlynbekendstelling van Nagjagter (4 Aug)
LAPA Uitgewers en Graffiti Boeke nooi jou graag na die aanlynbekendstelling van Jan Vermeulen se jongste roman, Nagjagter.
Wednesday – 29th July 2020
Graffiti-aanlynkuier: Moenie Deon Lamprecht se gesprek met Jo Prins oor sy boek Die Brug misloop nie! (13 Aug)
Jonathan Ball Uitgewers en Graffiti Boeke nooi jou uit na die virtuele bekendstelling van Die Brug: Na die hel toe en terug in Angola deur Deon Lamprecht.
Tuesday – 28th July 2020
Maak elke dag een vir die boeke: Vind uit hoe jy ’n LAPA-agent kan word en verdien kommissie op boekverkope
Kan jy vindingryke verkoopsplanne maak? Is jy ‘n go-getter en entrepreneur? Dan is jy die persoon na wie LAPA opsoek is. Word ‘n LAPA agent en verdien ‘n ekstra inkomste.
Monday – 27th July 2020
Graffiti-aanlynkuier: Jana Marx gesels met Bouwer Bosch oor haar boek, Afspraak met moord (30 Julie)
Graffiti Boeke en LAPA Uitgewers nooi jou graag na ’n aanlynbekendstelling van Afspraak met moord deur Jana Marx.
Friday – 24th July 2020
[Luister] Anel Heydenrych gesels oor Die afloerder: ‘Om in ’n reeksmoordernaar se kop te probeer klim, is nie ’n maklike ding nie’
Anel Heydenrych se sielkundige riller, Die afloerder, vertel die verhaal van ’n menseslagter wat die plattelandse dorp Colesberg terroriseer. Anel het onlangs met Maroela Media oor haar roman gesels.
Thursday – 23rd July 2020
Louise Viljoen resenseer Mirre deur Chanette Paul: ‘Sy beeld haar karakters natuurlik en realisties uit’
‘Die menslike aspek vier hoogty in Paul se werk,’ skryf Louise Viljoen in haar resensie van Mirre deur Chanette Paul.
Wednesday – 22nd July 2020
Wat sou ek doen? Esther Verhoef gesels oor domestic noir en haar sielkundige riller, Liewe Mamma
Die bekroonde Nederlandse skrywer Esther Verhoef het onlangs met Naomi Meyer gesels oor haar angswekkende sielkundige riller, Liewe Mamma.
Tuesday – 21st July 2020
[Video] ‘Die geweld speel af in die huis waar alles bitter gevaarlik is’ – Deborah Steinmair gesels oor domestic noir
Heino du Plessis het onlangs met Deborah Steinmair gesels oor haar roman, As jy van moord droom. Hy skop die onderhoud af met die vraag: Wat is domestic noir? Kyk na die video.
Monday – 20th July 2020
Lees ’n uittreksel uit Negentien minute deur Jodi Picoult, vertaal deur Daniel Hugo (Plus: Kyk na die boeklokprent)
Jodi Picoult se roman Negentien minute het pas in Afrikaans by Jonathan Ball Uitgewers verskyn, vertaal deur Daniel Hugo, en fokus op skoolskietery. Lees hier ’n uittreksel en kyk na die lokprent.
Smullekker blatjanghoender om die koue mee te stuit – probeer hierdie gratis resep uit Isolasie-inspirasie: Trooskos
Opsoek na idees vir aandete? Probeer gerus hierdie smullekker resep vir blatjanghoender uit Isolasie-inspirasie: Trooskos.
Friday – 17th July 2020
Lokprent: Nagjagter deur Jan Vermeulen is binnekort beskikbaar by jou naaste boekwinkel
Port Elizabeth is die Mekka van Goth-vampiere in Suid-Afrika, skryf Jan Vermeulen in sy jongste roman, Nagjagter. Kyk na die lokprent, as jy dit sal waag.
[Luister] Wilken Calitz gesels oor Swart swaan: ‘Die verhaal speel af in die dobbelonderwêreld van die Oos-Rand’
Skrywer Wilken Calitz was vroeër vanjaar ’n gas op But kaantie: die Ivor Price show. Luister hoe Wilken gesels oor die eerste keer toe sy verhaal Swaan swaan in sy kop verskyn het.
[Video] ‘Seksuele geweld in ons land is ’n aktuele kwessie’: Hans du Plessis gesels oor Die opstand van Poppie Nel
Video: Hans du Plessis se jongste roman, Die opstand van Poppie Nel, plaas ’n kollig op die seksuele misbruik van kinders en vrouers deur kerkleiers en mense wat hulle vertrou.
Thursday – 16th July 2020
Sal Esperanze haar plaas en haar hart prysgee? Vind uit in Frenette van Wyk se nuwe romanse, In sonskyn en storms
Frenette van Wyk se nuwe historiese romanse, In sonskyn en storms, is nou as e-boek beskikbaar.