C

[Luister] Wilken Calitz gesels oor Swart swaan: ‘Die verhaal speel af in die dobbelonderwêreld van die Oos-Rand’
 More about the book!

Skrywer Wilken Calitz was vroeër vanjaar ’n gas op But kaantie: die Ivor Price show. Wilken vertel hoe sy verhaal Swaan swaan tot stand gekom het.

‘Die verhaal speel af in die dobbelonderwêreld van die Oos-Rand van Suid-Afrika. Ek het op die idee afgekom toe ek ’n konsert gespeel het by Carnival City – dis ’n kasino wat daar tussen Brakpan en Benoni is.

‘Na die show het ek bietjie gaan rondkyk wat aangaan en ek was verstom om te sien hoe mense voor slotmasjiene sit en voor roulettetafels met bloedrooi oë wag op een of ander magiese openbarende gebeurtenis wat hulle sal red uit hulle finansiële verknorsing. Ek het toe onmiddelik geweet, hier is iets wat ek moet ondersoek.

‘Ek is drie of vier keer terug Brakpan toe om te gaan navorsing doen. Ek het daar by die hoofstraat afgestap en in die kroeë rondgehang en selfs een aand regdeur die nag in die kasino gesit … en karakters ontmoet en met mense gepraat. Toe besef ek hier is ’n spanning tussen realiteit en fantasie wat die kasino skep. En dis hoe die storie tot stand gekom het.’

Die onderhoud begin om 19:42. Luister na die klankgreep:

Meer skakels:

Swart swaan is as e-boek beskikbaar:

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans But kaantie: die Ivor Price show Interviews Penguin Random House SA Podcast Swart swaan Wilken Calitz


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments