C

Sal Esperanze haar plaas en haar hart prysgee? Vind uit in Frenette van Wyk se nuwe romanse, In sonskyn en storms
 More about the book!

Sebastian kom eis Esperanze se plaas op wat haar pa kwansuis vir hom gegee het. In die brief versoek haar pa ook dat hy met Esperanze trou. Maar sy trou net vir liefde.

Esperanze erf haar pa se plaas, maar sukkel om dit ná sy dood alleen behoorlik te bestuur. Dinge gaan al meer agteruit. Maar toe daag Sebastian op met ’n brief waarin haar pa sê hy gee die plaas vir hom. Haar buurman Jean wil ook die plaas hê. Hy en Sebastian probeer albei haar guns wen ter wille van die plaas wat hulle wil hê, en smeer mekaar swart by haar. Esperanze vertrou nie vir Sebastian nie, en sy voel jammer vir Jean, wat ook sy ouers onlangs verloor het. Maar sy is nie verlief op hom nie. Sy raak al meer verlief op Sebastian wat sy gewig ingooi op die plaas, altyd in beheer lyk en oplossings vir die probleme het. Maar hy kuier ook by Berthina van ’n naburige plaas.

Oor die outeur

Frenette van Wyk het van kleins af stories geskryf en het op skool uitgeblink in kreatiewe skryfwerk. Dit was altyd haar droom om eendag ‘n boek te skryf. Haar skryfloopbaan het in alle erns in 2006 begin toe haar eerste romanse, Kruisvaart na liefde, deur LAPA Uitgewers vir publikasie aanvaar is. Sy het sedertdien reeds 24 romanses geskryf. Frenette woon in Pretoria saam met haar man, Etienne, en hulle jongste seun, Sasha. Haar oudste seun, Zander, is getroud en haar kleindogter, Merseillise-Rose, is in Julie 2018 gebore.

In sonskyn en storms is nou as e-boek beskikbaar:

 

Categories Afrikaans Fiction

Tags Afrikaans e-Boek Frenette van Wyk In sonskyn en storms LAPA LAPA Uitgewers New books New releases Romance


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments