C

Nuut by LAPA – In gesprek met Waldimar: Sy 100 beste ontledings, inleidings en beledigings deur Waldimar Pelser
 More about the book!

Waldimar Pelser se nuutste boek, In gesprek met Waldimar: Sy 100 beste ontledings, inleidings en beledigings, het pas op LAPA se rakke verskyn.

‘’n Skerpsinnige redakteur se priemende blikke op Suid-Afrika in ’n tyd van ongekende beroering’ – Tim du Plessis

Waldimar Pelser se politieke kruisverhoor

Hy noem Julius Malema ’n ‘rassis, diktator en fascis’, die ANC ’n ‘spul kripvreters’ en oudpresident Jacob Zuma ’n ‘korrupte, seksistiese politieke tsotsi’.

Waldimar Pelser ontsien niks en niemand nie. Week ná week neem hy politici en besluitnemers onder kruisverhoor. In sy vreeslose en vlymskerp inleidings tot kykNET Verslag se aktuele TV-program In Gesprek laat hy maghebbers behoorlik deurloop – ook president Cyril Ramaphosa en DA-leier Mmusi Maimane het al hul beurt gekry.

In gesprek met Waldimar is ’n versameling van die 100 beste, lekkerste en dapperste van hierdie inleidings. In forensiese detail pak Pelser elke gek en skurk wat wil keer dat ons land floreer. Hy wys hoe naby ons aan die afgrond was en hoe ons wéér daar kan beland as ons nie dié in beheer tot verantwoording roep nie.

Oor die outeur

Waldimar Pelser is redakteur van die Sondagkoerant Rapport. Hy is al drie keer met ’n ATKV-Mediaveertjie as beste aanbieder van ’n nuus- of aktualiteitsprogram bekroon. Voor sy joernalistieke loopbaan het hy in die regte en die joernalistiek aan die Universiteit Stellenbosch gestudeer en daarna ’n meestersgraad aan die Oxford-universiteit in Engeland verwerf. Hy woon in Johannesburg en Kaapstad en reis en lees graag.

 

Categories Afrikaans Non-fiction South Africa

Tags Afrikaans In gesprek met Waldimar kykNET Verslag in gesprek LAPA LAPA Uitgewers New books New releases Waldimar Pelser


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments