C

Geloof en mag sorg vir ’n dodelike kat-en-muis speletjie in Die Alfadokument deur René van Zyl
 More about the book!

René van Zyl se jongste samesweringsriller Die Alfadokument is nou by LAPA Uitgewers beskikbaar.

Geloof en mag sorg vir ’n dodelike kat-en-muis speletjie

Nadat die stigter van die Nikolaïete, ʼn berugte internasionale geloofsorde, sterf, erf sy twintigjarige dogter, Michaela (’n loskop sosiale vlinder), sy posisie én sy geld.

Die oorblywende direkteure van die Orde, waarvan die hoofkantoor in Kaapstad gesetel is, raak vinnig van Michaela en haar suster ontslae. Michaela word met weggesteekte dwelms betrap en lewenslank in ʼn Thaise tronk opgesluit. Haar jonger suster, Michelle, word na ’n klaarblyklike ineenstorting in ’n Italiaanse kliniek opgeneem.

Michaela sou die res van haar lewe in die tronk slyt, was dit nie vir die Bybelsmokkelaar en voormalige Britse soldaat, Josh Young, nie. Hy vermoed sy swanger vrou is deur die Orde vermoor en hy wil hulle ontmasker vir wie hulle werklik is. Slegs met Michaela se kennis oor die organisasie kan hy die hart van die Orde binnedring en die duistere geheime ontbloot. Hierdie geheime is saamgevat in die verlore Alfadokument, wat hulle nou moet opspoor.

Die Alfadokument beloof om een van 2019 se groot gunstelinge te wees. Die skrywer het ’n enorme gaping in die mark gevul met ’n samesweringsriller wat gemaklik aanklank by lesers van internasionale en plaaslike spanningsverhale sal vind. Sy verdien ’n groot pluimpie vir sterk en menslike protagoniste aan beide kante van die spektrum – goed en kwaad, manlike en vroulik.

Hierdie mevrou-dominee gaan wenkbroue lig met die manier waarop sy die Orde se misbruik van geloof probeer ontmasker.

Oor die outeur

René van Zyl is ’n oud-joernalis, skrywer en blogger wat teen die hange van die Magaliesberg in Hartbeespoort vir haar ’n nessie uitgegrawe het. Sy geniet dit veral om plaaslike gemeenskapsmusiekblyspele te skryf en op die planke te bring. Haar buite-die-boks man, twee dogters en seun is die groot liefdes in haar lewe en ook haar grootste inspirasie. Haar oudste seun is breingestremd en die lewe saam met hom het haar geleer om daaglikse uitdagings met genoegsame humor aan te pak. Sy glo onwrikbaar in die liefde en gelukkige eindes. Haar voorliefde vir Europa se romantiese kastele, katedrale en legendes maak dat sy haar laaste sente sal uitgee om nogmaals daarheen te reis en stories te versamel.

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans Die Alfadokument LAPA LAPA Uitgewers New books New releases René van Zyl


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments