LAPA
Kry elke pot sy maat in Maart? Vind uit in 4 nuwe Romanzas (Plus, staan ’n kans om te wen voor 17 Maart!)
Nuut by LAPA: vier splinternuwe liefdesverhale deur Cecilia Nortjé, Elsa Winckler, Rina Cilliers en Ciska Olivier. Plus, staan ’n kans om al vier Romanzas te wen!
Die 20-jaar uitgawe van Liefde laat jou Rice Krispies anders proe is nou beskikbaar!
Onthou jy nog die aanhaling? ‘Hy glo die son skyn blokkies as hy op ’n tuinstoel gaan sit.’ Dan is die 20-jaar uitgawe van Liefde laat jou Rice Krispies anders proe ’n moet vir jou boekrak!
Annelie Ferreira, Nerine Ahlers en Noreen Nolte wen die LAPA Jeugromankompetisie 2021!
Aandag! Die wenners van die LAPA Jeugromankompetisie 2021 is pas bekend gemaak!
Kom gesels met François Bloemhof oor sy jongste roman, Kry vir jou, by Die Bordienghuis in Wellington (16 Mrt)
LAPA Uitgewers nooi jou graag na die bekendstelling van Kry vir jou deur François Bloemhof!
‘Dit laat haar droewig voel, al die grysheid’: Lees ’n uittreksel uit Marie Spruyt se jongste roman, Droomboom
LAPA Uitgewers deel graag ’n proeseltjie uit Droomboom, Marie Spruyt se jongste roman wat afspeel teen die agtergrond van Ierland se magiese landskap.
Geloof soos ’n mosterdsaadjie deur Helena Hugo is nou beskikbaar by LUCA!
Die bekroonde skrywer, vertaler en aktrise, Helena Hugo, se jongste boek is nou op die rakke!
Bloedbande deur Jeanette Stals: ’n Moord sonder verdagtes of leidrade? Klink soos ’n raaisel vir Luna Joubert!
Nou beskikbaar by LAPA: Bloedbande – die vierde boek in Jeanette Stals se Luna Joubert-reeks.
Het jy ’n storie om te vertel? Die skrywers op LAPA se Jeugromankompetisie-kortlys het beslis!
Die kortlys vir LAPA Uitgewers se Jeugromankompetisie vir 2021 is bekend!
Wat is die sleutel tot vrede en vryheid? Vind uit in Die net is gebreek deur Chris van der Merwe
Chris van der Merwe skryf oor die blydskap van die gebreekte vangnet in sy jongste boek, Die net is gebreek. Nou beskikbaar by LUCA!
Wil jy Stillewe en Droomboom deur Marie Spruyt wen? Neem deel aan die Facebook-kompetisie voor 3 Maart!
Een gelukkige leser kan eersdaags wegstap met Droomboom en Stillewe deur Marie Spruyt!
Die hart soek wat hy (of sy) soek in 5 splinternuwe Romanzas – nou op die rakke!
Nuut by LAPA in die maand van liefde – vyf nuwe liefdesromans deur René van Zyl, Frenette van Wyk, Analize Viljoen, Dina Botha en Lizelle von Wielligh!
WEN François Bloemhof se tweede Ludo Labuschagne-wiedoenit, Kry vir jou! Neem deel op Facebook voor 10 Feb
Een gelukkige leser kan nou ‘n kans staan om Kry vir jou deur François Bloemhof te wen! (Net betyds vir Valentynsdag.)
Waarheen ontsnap Chanette Paul om te skryf? Lees haar onderhoud in die Hermanus Times om uit te vind
Rick Marais het vroeër vanjaar met Chanette Paul gesels oor haar jongste roman Marilyn se dawerende sukses, die boek waaraan sy tans …
Soms is huis aan die ander kant van die wêreld: Droomboom deur Marie Spruyt is nou op die rakke!
Nuut by LAPA Uitgewers: Droomboom deur Marie Spruyt, ‘n verhaal van vergifnis en aanvaarding, en die helende krag van vriendskap en liefde.
Ludo Labuschagne is terug in Kry vir jou deur François Bloemhof! Sal hy sy tweede saak betyds kan oplos?
Binnekort beskikbaar by LAPA Uitgewers: Kry vir jou – die tweede boek in François Bloemhof se Ludo Labuschagne-wiedoenit reeks!
Skeef-outeur Renaldo Schwarp skryf oor die paradoks van gaywees op Klyntji
Renaldo Schwarp se grensverskuiwende LGBTIQ-memoir Skeef het verlede jaar op die rakke beland en vra groot vrae oor wat dit beteken om gay en Suid-Afrikaans se wees.
Klop jou hart tjoklits vir die liefde? Sluit aan by die RomanzaKlub voor 7 Februarie en WEN ‘n geskenkpak ter waarde van R2,000
Bederf jouself hierdie maand en sluit aan by die RomanzaKlub. Jy kan ‘n kans staan om ‘n Romanza-geskenkpak ter waarde van R2,000 te wen! (Spoiler: daar’s sjokolade op die spel!)
WEN Leef in volkleur of Colour your life with relationships deur Johan Smith! Neem deel op LUCA se Facebook-blad voor 10 Feb 2022
Twee gelukkige lesers kan vandeesmaand wegstap met ‘n kopie van Johan Smith se jongste boek, Leef in volkleur, of die Engelse weergawe, Colour Your Life With Relationships.
Ouers, moenie LAPA se Terug Skool Toe-aanbiedinge misloop nie!
LAPA Uitgewers en Penguin Random House SA het in Januarie ’n paar heerlike Terug Skool Toe-aanbiedinge om jou kind weer chop-chop aan die lees te kry.
Wen Klankgrens deur Maretha Maartens! Neem deel op Facebook voor 27 Januarie 2022
Een gelukkige leser kan wegstap met Maretha Maartens se nuutste roman, Klankgrens! Besoek LUCA se Facebookblad om deel te neem.