C

Bloedbande deur Jeanette Stals: ’n Moord sonder verdagtes of leidrade? Klink soos ’n raaisel vir Luna Joubert!
 More about the book!

Elke huis het sy kruis

Speurder-sersant Luna Joubert van die Stellenbosch polisiediens word gestuur om die eienaardige dubbele moord op die eienaar van ’n kwekery en sy vrou te ondersoek. Die De Winters is beide met ’n skerp voorwerp aangeval, maar daar was geen teken van ’n struweling of enige getuies om sin te maak van die voorval nie.

Terwyl Luna sukkel om ’n moord sonder verdagtes of leidrade op te los, maak Mike Grant weer sy onverwagte verskyning. Hierdie keer is hy op ’n geheime sending onder die geledere van ’n plaaslike dwelmsindikaat. Ten spyte van sy nuwe voorkoms vind Luna dit onmoontlik om nie die deur oop te maak wanneer hy klop nie.

Soos Mike homself in die onderwêreld ingrawe, begin Luna op tone trap om haar eie raaisel op te los. Was die De Winters wie almal dink hulle was? Weet die kinders dalk meer as wat hulle voorgee? Wat gaan aan by die studentehuis oorkant die straat? En wie is die man in die sportmotor wat so op die buitewyke van haar ondersoek beweeg? Om antwoorde te kry sal Luna die donkerte en als wat daarin skuil moet trotseer.

Bloedbande is die vierde boek in Jeanette Stals se Luna Joubert-reeks na KatoogVermis en Dag drie.

Oor die outeur

Afgetree uit die onderwys, en werksaam as toergids en gastehuis-eienaar, konsentreer Jeanette Stals op haar skryfwerk. Omdat sy graag misdaadfiksie lees, begin sy haar toespits op die spanningsgenre. Haar eerste boek in die reeks met Luna as hoofkarakter, Katoog, verskyn in 2016. Sedertdien skryf sy ook romanses en historiese fiksie.

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans Bloedbande Jeanette Stals LAPA LAPA Uitgewers New books New releases


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments