C

Annelie Ferreira, Nerine Ahlers en Noreen Nolte wen die LAPA Jeugromankompetisie 2021!

Aandag! Die wenners van die LAPA Jeugromankompetisie 2021 is pas bekend gemaak!

Veels geluk aan Annelie Ferreira wat wegstap met die groot prys van R25,000. Haar tienerroman, Dit het alles begin by ’n hond, verskyn in September vanjaar.

Geluk ook aan die naaswenners Nerine Ahlers en Noreen Nolte wat elkeen R12,500 wen. Nerine se lekkerleesboek, Die verdwyning van Seamus Smit deur Seamus Smit, verskyn in Oktober, en Noreen se distopiese verhaal, Uitverkies, in November.

Beoordelaar Joha van Dyk sê: ‘Die beste deel van die hele proses was die kwaliteit van die manuskripte, die hoeveelheid kreatiwiteit wat ons nuwe skrywers het en die feit dat nie een manuskrip dieselfde was nie.’

Mede-beoordelaar Earl Basson stem saam: ‘Die inskrywings van vanjaar se kompetisie was rêrig van ’n hoë gehalte. As ’n liefhebber van jeuglektuur maak dit my opgewonde om te sien die koers waarin die genre gaan.’

Die wenners is op 9 Maart aangekondig op LAPA Uitgewers en Klaskameraad se Facebook-bladsye. Het jy die uitsending gemis?

Kyk gerus na die video op YouTube:

 

Lees die persverklaring:

LAPA se Jeugromankompetisiewenners word aangekondig

Ons stel bekend die wenners van 2021 se Jeugromankompetisie!

Annelie Ferreira wen die afdeling vir Manuskripte vir Tieners asook die Algehele Wenner:

Dit het alles begin by ’n hond vertel die storie van hoe vier uiteenlopende tieners, Fundani, Sandria, Lihle en Vincent, se paaie kruis. Hulle ken mekaar van geen kant af nie, maar daar is iets magies wat hulle aan mekaar bind … (Die boek verskyn in September.)

Nerine Ahlers wen die afdeling vir Manuskripte vir Jonger Tieners:

Die verdwyning van Seamus Smit deur Seamus Smit is ’n lekkerleesboek in die kraal van ’n moderne Swart Kat-storie. Hierdie boek is vir lesers wat dol is oor superheld-boeke en -flieks! (Die boek verskyn in Oktober.)

Noreen Nolte wen die afdeling vir Manuskripte vir Jong Volwassenes:

Uitverkies is ’n distopiese verhaal met ’n sterk vroulike hoofkarakter, Zia. Die wêreld soos Zia dit ken, word skielik omvergegooi en alles is chaos. Hoe vind jy jou pad in hierdie deurmekaar wêreld? (Die boek verskyn in November.)

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans Annelie Ferreira LAPA LAPA Jeugromankompetisie LAPA Uitgewers LAPA-jeugromankompetisie 2021 Nerine Ahlers News Noreen Nolte


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments