C

Geloof soos ’n mosterdsaadjie deur Helena Hugo is nou beskikbaar by LUCA!
 More about the book!

Geloof soos ’n mosterdsaadjie, sê Jesus, is al wat jy nodig het.

Om terug te dink aan sy lewe is soos om ’n boek te lees waarvan daar bladsye uitgeskeur is. Hy onthou party hoofstukke so helder soos vandag, ander so vaag soos drome. Stories oor sy kleintyd, dié kom van oral af – van sy ma en pa, Safira, ander grootmense en sy boetie, Stephan. Hierdie stories neem hy met ’n knippie sout, glo hy ter wille van die vertellers. Hy is oor die algemeen inskiklik van geaardheid, iemand wat sy kleinkinders ’n people pleaser sou noem. Wat van Afrikaans gaan word, weet hy nie.

Hy en Stephan het in ’n pastorie grootgeword. Dis ook waar Andreas veronderstel was om die eerste lewenslig te aanskou, op die dubbelbed in die hoofslaapkamer waar hy, soos hy dit later uitgewerk het, waarskynlik ook verwek is. Suster Lenie Joubert, die gemeente se vroedvrou, en hul huisdokter, dokter Morrie Jacobs, sou Louisa kom bystaan. Dit sou ’n tuisgeboorte wees, ’n private aangeleentheid in die veiligheid van haar eie huis.

Van kleintyd af word Andreas nie net geestelik getoets nie, maar ook fisiek. Sy eie behoeftes en begeertes kry soms die oorhand. Byna te laat besef hy dat hy op ander dinge as geloof gereken het. Eers dan leer hy om hom geheel en al te onderwerp aan die wil van die Here. Geloof soos ’n mosterdsaadjie, sê Jesus, is al wat jy nodig het.

Oor die outeur

Nadat sy haar loopbaan as aktrise begin het, is Helena Hugo nou ‘n voltydse skrywer en vertaler. Sy het talle boeke oor verskeie genres vervaardig en skryf en regisseer ook Afrikaanse radiodramas en -reekse. Sy het drie keer die Sanlam/RSG-skryfkompetisie gewen en ‘n ATKV-prys vir radiodrama ontvang. Helena en haar man, Henk, woon in Roodepoort en het drie volwasse kinders.

Foto met dank aan LitNet

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans Geloof soos 'n mosterdsaadjie Helena Hugo LAPA LAPA Uitgewers LUCA New books New releases


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments