Het jy ’n storie om te vertel? Die skrywers op LAPA se Jeugromankompetisie-kortlys het beslis!

Aandag! Veels geluk aan al die skrywers op die kortlys vir die LAPA Jeugromankompetisie 2021!

Die Jeugromankompetisie word elke tweede jaar aangebied en vanjaar is daar 70 inskrywings ontvang. Die wenners word op 9 Maart om 18:00 aangekondig op LAPA Uitgewers en Klaskameraad se Facebook-bladsye.

Die prysgeld beloop R50 000 en selfs skrywers wat nie in die top drie eindig nie, staan steeds ’n kans om gepubliseer te word. Sterkte aan al die skrywers!

Lees die persverklaring:

LAPA Jeugromankompetisie 2021: Kortlys bekend

Die kortlys vir LAPA Uitgewers se Jeugromankompetisie vir 2021 is bekend!

Die Jeugromankompetisie word elke tweede jaar aangebied en trek met elke ronde groot name soos Fanie Viljoen (Offers vir die vlieë), Jan Vermeulen (Baster), Maretha Maartens (Bethel se berg), Nanette van Rooyen (Die 17de veer) en Zelda Bezuidenhout (As mens geluk kon proe). Hierdie jaar is daar 70 inskrywings ontvang.

Die kompetisie se prysgeld beloop R50 000 en selfs skrywers wat nie in die top drie eindig nie, staan steeds ’n kans om gepubliseer te word.

In hierdie ronde is daar verskillende subkategorieë ingestel om seker te maak jeugromans vir verskillende ouderdomme word op gelyke voet beoordeel. ’n Ouer jeugroman met swaarder temas is nie noodwendig beter as ’n jeugroman vir jonger tieners nie. Tesame met volwasse beoordelaars het ’n paar kinderbeoordelaars ook saamgelees en beoordeel.

Die kortlys is (in geen spesifieke volgorde nie):

Manuskripte vir jonger tieners:

  • Die verdwyning van Seamus Smit deur Seamus Smit – Nerine Ahlers
  • Die grys wolf en die rooi fiets – Anrie le Roux (Debuut)
  • Soek – Nellie Alberts

Manuskripte vir tieners:

  • Onder alles – Fanie Viljoen
  • Dit het alles begin by ‘n hond – Annelie Ferreira
  • Uitgesluit – Nerine Ahlers
  • Veergewig – Jan Vermeulen

Manuskripte vir jong volwassenes:

  • Mooi skoot, Erica! – Jan du Preez (Debuut)
  • Enigiets is moontlik – Frenette van Wyk
  • Uitverkies – Noreen Nolte

Kyk gerus saam na die aanlyn-aankondiging van die wenners op 9 Maart om 18:00 op LAPA Uitgewers en Klaskameraad se Facebook-bladsye.

Einde

 

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans Kortlys LAPA LAPA Uitgewers LAPA-jeugromankompetisie 2021 News Nuus


1 Votes

You must log in to post a comment

0 Comments