LAPA Uitgewers

Woon jy naby Upington? Moenie die bekendstelling van Die vroue van Kosmoslaan deur Elsa Winckler misloop nie! (2 Sep)

Die ATKV in samewerking met LAPA Uitgewers nooi jou graag na die bekendstelling van Die vroue van Kosmoslaan deur Elsa Winckler!

‘O vrek, my fiets! En my skoolsak!’ Lees ’n uittreksel uit Jy handle dit net deur Eleanor Lombard (Plus: Video en ’n kompetisie)

Lees die eerste hoofstuk van Jy handle dit net, Eleanor Lombard se jeugverhaal oor ’n jong seun, Drikus, wat voel soos God se afskeepkind.

Die liefde lê die wêreld vol in vier splinternuwe Romanzas! Plus, wen ’n Romanza-geskenkpak (31 Aug)

Nuut by LAPA! Vier nuwe liefdesverhale deur Elsa Winckler, Dina Botha, Zinèt Oosthuizen en Elsa Drotsky. Plus, wen al vier boeke en ’n LAPA-geskenkbewys ter waarde van ’n R1,000.

Kom vier Die onsienlike wêreld van engele deur Jaco Scholtz by Exclusive Books Tygervallei! (20 Aug)

LUCA en Exclusive Books nooi jou graag uit na die bekendstelling van Die onsienlike wêreld van engele deur Jaco Scholtz!

Roet deur Hannes Barnard benoem vir die kykNET-Rapport-boekpryse 2022!

Aandag! Hannes Barnard se jongste roman, Roet, is pas benoem vir die kykNET-Rapportprys: Film!

Gaan op ’n opwindende reis deur die Bybel in Die onsienlike wêreld van engele deur Jaco Scholtz … nou beskikbaar by LUCA!

‘Engele bestaan werklik, al kan ons hulle gewoonlik nie sien nie,’ skryf Jaco Scholtz in sy jongste boek, Die onsienlike wêreld van engele.

Nuut by LUCA … Die vroue van Kosmoslaan deur Elsa Winckler! Plus, wen jou eie kopie voor 11 Aug op LUCA se Facebookblad

’n Verhaal van tweede kanse, hoop, drome en geluk … Die vroue van Kosmoslaan deur Elsa Winckler is nou op die rakke!

‘Nanny murdered! Lord kidnapped?’ Lees die eerste hoofstuk uit ’n Kwessie van tyd deur Doc Marten van der Merwe

LAPA Uitgewers het ’n opwindende uittreksel gedeel uit ’n Kwessie van tyd deur Doc Marten van der Merwe.

‘Ek … ek het weggeloop. Ek het nêrens anders om te gaan nie’: Lees ’n uittreksel uit Toe als groen was deur An-Mari do Carmo

LAPA Uitgewers het ’n uittreksel gedeel uit Toe als groen was deur An-Mari do Carmo – ’n aangrypende grootwordverhaal gebaseer op ware gebeure by die KwaSizabantu Sendingstasie in KwaZulu-Natal.

Kom ontmoet die vroueskrywers van LUCA Christelike titels in Klerksdorp! (31 Aug)

LUCA, die Christendruknaam van LAPA Uitgewers, nooi jou graag om Ina Bonnette, Elsa Winckler, An-Mari do Carmo en Louise Viljoen te kom ontmoet by NG Kerk Doringkruin in Klerksdorp!

‘Skitterende ster. Dis sy, ja’: Lees die eerste hoofstuk van Die manjifieke ontwaking van Mel deur Jacolet van den Berg

Uittreksel uit Die manjifieke ontwaking van Mel: ‘Mel Welsh staan vir niks en niemand terug nie. Sy is doelgerig. Vreesloos.’

‘Sê nou sy uurglas het leeggeloop en Emma gee hom nie weer ’n kans nie?’ Lees ’n uittreksel uit Liefdesles deur Vita du Preez

Nie alle liefdesverhale het gelukkige eindes nie. Maar hulle storie het skaars begin …

‘Skrik gryp haar vas. Haar kind het verdrink.’ Lees die eerste hoofstuk van Rooigety deur Bets Smith!

Uittreksel: Daleen Boshoff kry nog steeds nagmerries oor die kinderpornografieskandaal wat Makulu Manzi getref het – en dan kom haar dogter op die lyk van ’n tienerseun af …

So lyk ’n vrou… deur Ilse Verster is nou beskikbaar as oudioboek! Plus, luister na die Proloog op Audible

Ilse Verster se aangrypende boek, So lyk ’n vrou…, is nou beskikbaar as oudioboek op Audible!

Hoe hou mens dieper, meer intieme daaglikse gesprekke met God? Vind uit in Die lig van sy nabyheid deur Anne Graham Lotz

Anne Graham Lotz deel die ryke skatkis van haar persoonlike gebede in Die lig van sy nabyheid – nou beskikbaar by LUCA!

Gaan 14-jarige Alex se jong geloof die grootste toets ooit kan oorleef? Vind uit in Hoeveel tande het ’n engel deur Jan Vermeulen

‘Hulle wil my been afsit, Simphi. Net hierso …’ Jan Vermeulen se jongste jeugroman, Hoeveel tande het ’n engel, is nou beskikbaar by LUCA!

Lief vir naaldwerk? Gee jou kreatiwiteit vrye teuels met 20 Hekeltegnieke deur Christa Swanepoel!

Nou beskikbaar by LAPA Uitgewers! 20 Hekeltegnieke met kreatiewe projekte en moderne patrone deur Christa Swanepoel.

’n Geheim begrawe deur tyd, geld en mag: ’n Kwessie van tyd deur Doc Marten van der Merwe is nou beskikbaar!

Jan Brand mag dalk die stof van sy hande af gewas het, maar binnekort gaan hulle vol bloed wees in ’n Kwessie van tyd deur Doc Marten van der Merwe.

Liefde is die antwoord in vier splinternuwe Romanzas – nou beskikbaar by LAPA Uitgewers!

Nuut by LAPA! Vier nuwe liefdesverhale deur Didi Potgieter, Lizelle von Wielligh, Ida Bester en Judy Troskie …

WEN al 3 boeke in Irma Joubert se Oorlogstrilogie PLUS ’n paar Veldskoen vellies ter waarde van R999! (31 Jul)

Teken in op LAPA se nuusbrief voor 31 Julie 2022 en jy kan dalk wegstap met ’n pragtige Irma Joubert-geskenkpak – en in splinternuwe vellies!