Roet deur Hannes Barnard benoem vir die kykNET-Rapport-boekpryse 2022!
More about the book!
Aandag! Hannes Barnard se jongste roman, Roet, is pas benoem vir die kykNET-Rapportprys: Film. Die kykNET-Rapport-boekpryse 2022 word toegeken aan die beste Afrikaanse fiksie en niefiksie wat in 2021 verskyn het.
Roet het verlede jaar by LAPA Uitgewers verskyn en is die opvolg van Wolk (2020) wat ook in 2021 benoem vir dieselfde prys!
Oor die boek
Rufus en Xandr #disingewikkeld.
Die nasleep van ’n apokaliptiese wolk.
’n Rooi Mazda Midge en Flip die hond.
’n Alternatiewe roete.
’n Sexy Duitser.
’n Geniale wetenskaplike.
’n 90’s mix tape.
En chaos. Baie chaos.
Kyk na die video – Hannes Barnard gesels oor Roet:
Roet verskyn op die film-kortlys saam met Die storie van Gert Saggiestrap deur Marco Botha (Flyleaf) en Die getuienis deur Francois Smith (Tafelberg).
Die prysgeld beloop vanjaar altesaam een miljoen rand. Pryse word soos volg toegeken:
- R300,000 elk vir die kykNET-Rapportprys vir fiksie en niefiksie onderskeidelik
- R155,000 vir die kykNET-Rapport-filmprys
- R155,000 vir die Jan Rabie-Rapportprys
- R30,000 elk vir drie resensiepryse
Die wenners word op Saterdag, 24 September, in Kaapstad aangekondig.
Categories Afrikaans Fiction South Africa
Tags Afrikaans Hannes Barnard kykNET-Rapport-boekpryse 2022 kykNET-Rapport-filmprys LAPA LAPA Uitgewers News Roet Wolk
1 Votes
Related
- Don’t miss the launch of Liberation and Corruption: Why Freedom Movements Fail by Peter Hain at The Book Lounge (12 Nov)
- Is South Africa teetering on the edge of becoming a mafia state? Read an extract from Mafia Land by Kyle Cowan
- In the latest episode of Pagecast, Springbok legend Eben Etzebeth chats about his new memoir Unlocked
- Magnificent, beautiful and under threat – don’t miss the launch of The Last Lions at The Book Lounge (30 Oct)
- Out now! Cursed Daughters by Oyinkan Braithwaite – the glittering follow-up to the smash hit My Sister, the Serial Killer
