C

Nuut by LUCA … Die vroue van Kosmoslaan deur Elsa Winckler! Plus, wen jou eie kopie voor 11 Aug op LUCA se Facebookblad
 More about the book!

Die vroue van Kosmoslaan vertel die stories van vyf uiteenlopende vroue. Ellie skryf kinderboeke en wens sy kan swanger raak en haar stories vir haar eie kind vertel. Ida Scholtz se man en seun is saam in ’n motorongeluk dood en nou bly Claire, haar skoondogter by haar. Marella is ’n prokureur en lewe streng volgens voorafuitgewerkte lysies. Julia en haar seun, Rudi, bly ook in die laan en Julia is bly dat sy destyds die huis in haar naam gesit het want haar man het saam met sy sekretaresse weggeloop en nou het sy en Rudi darem ’n dak oor hul koppe. Alma en Jurie bly langs Ellie en wanneer Alma se dogter verdwyn begin almal in die laan na haar soek.

Die vroue deel hul pyn en vreugde met mekaar wanneer hulle eenkeer ’n maand bymekaar kom om te brei. Dit was Marella se idee om die groep te begin al was dit nie die intensie om so gereeld bymekaar te kom nie. Die breigroep word die vroue se toevlug en die kosmosblom word ’n teken van tweede kanse, hoop, drome en geluk. Die boeiende verhaal is elke vrou se verhaal. Die vroue van Kosmoslaan ervaar God se genade en sy belofte om te voorsien wanneer hulle dit die nodigste het.

Oor die outeur

Elsa Winckler skryf sedert 2008 en sy is mal oor liefdesverhale, veral wanneer ’n soenery betrokke is – tot haar drie kinders se groot verleentheid. Manlief gee gelukkig glad nie om nie.

Wanneer sy nie oor die liefde skryf nie, speel sy met haar kleinkinders, brei of verken een van die baie paadjies langs die see. Saans en naweke sal jy vir haar en haar man voor die televisie kry.

Sy is dol oor haar kinders en versot op haar kleinkinders. Niks verskaf vir haar groter vreugde as om kos te maak vir hulle vir wie sy lief is nie.

***

Kompetisietyd!

Een gelukkig leser kan nou wegstap met Die vroue van Kosmoslaan. Neem deel op LUCA se Facebookblad voor 11 Augustus 2022!

Kompetisietyd! 🎉

Een gelukkig leser kan nou wegstap met Elsa Winckler se boek, Die vroue van Kosmoslaan!

Al wat jy…

Posted by LUCA on Monday, 8 August 2022

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Die vroue van Kosmoslaan Elsa Winckler LAPA LAPA Uitgewers LUCA New books New releases


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments