C

Gaan 14-jarige Alex se jong geloof die grootste toets ooit kan oorleef? Vind uit in Hoeveel tande het ’n engel deur Jan Vermeulen
 More about the book!

‘Hulle wil my been afsit, Simphi. Net hierso.’ Alex trek sy liniaal oor sy kaal bobeen. ‘Woep-wap-konynkap, weg is Alex Brown se been én sy beroemde skopvoet.’

Die nuus is presies wat die veertienjarige Alex nie wou gehoor het nie: sy beenkanker is te laat ontdek en nou is daar ’n sterk kans dat hulle sy been sal moet afsit. Hy gaan nooit weer rugby of krieket kan speel nie. Vir ’n lang tyd nie skool toe kan gaan nie. Dalk selfs nie eers sy vyftiende verjaarsdag sien nie …

Sy beste vriend, Simphiwe, het nie veel raad nie. Maar toe ontmoet Alex vir Agapé-Ann; ’n pastoor se dogter met dieselfde tipe kanker wat ses maande vroeër haar eie been verloor het. Hy begin saam met haar kerk toe gaan, en stadig maar seker leer hy meer oor geloof en die Here, en dat sy kanker nie ’n straf is nie. En oor engele. Gaan sy jong geloof die grootste toets ooit kan oorleef?

Oor die outeur

Jan Vermeulen is in Bethanie in die suide van Namibië gebore. Op veertien word sy eerste kortverhaal in die destydse jeugtydskrif Patrys gepubliseer. Hy het die graad BA Admissie met hoofvakke Hebreeus en Filosofie aan die Universiteit van Port Elizabeth behaal, en in 1987 ’n BTh. en Teologiese Lisensiaat aan die Universiteit van Stellenbosch. In 1998 voltooi hy ’n kursus in kreatiewe skryfkuns aan die Departement Afrikaans en Nederlands van die Universiteit van Port Elizabeth, en in dieselfde jaar verskyn sy debuutroman, Die laaste dans, by Queillerie. In 2000 verskyn sy eerste jeugboek, Geraamtes dra nie klere nie. Dit is met die Sanlamprys (goud), die M.E.R.-prys, die Scheepersprys en ’n ATKV-Kinderboektoekenning bekroon. In 2006 word sy kortverhaal ‘In Ma se Stoof’ in die kortverhaalbundel Van Spoke Gepraat (Tafelberg) opgeneem. In 2017 wen sy jeugboek Oopmond LAPA se Jeugromankompetisie, en Baster is die naaswenner in 2019. Jan en sy vrou Diana woon in die Oos-Kaap.

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans Hoeveel tande het 'n engel Jan Vermeulen Jeugroman LAPA LAPA Uitgewers LUCA New books New releases YA


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments