C

Lief vir naaldwerk? Gee jou kreatiwiteit vrye teuels met 20 Hekeltegnieke deur Christa Swanepoel!
 More about the book!

20 Hekeltegnieke met kreatiewe projekte en moderne patrone bevat 20 verskillende tegnieke, idees en patrone waarvoor dit gebruik kan word. Jy as leser het dalk al van tegnieke teëkom, maar nog nooit probeer het nie.

Elke tegniek gaan gepaard met ’n patroon of meer om die spesifieke tegniek op ’n moderne manier uit te beeld. Die skrywer verskaf basiese hekeltegnieke vir die beginner, asook meer gevorderde tegnieke vir diegene wat reeds ervare met hekelwerk is.

20 Hekeltegnieke is geskryf om jou kreatiwiteit vrye teuels te gee … en is nou beskikbaar by LAPA Uitgewers!

Oor die outeur

Christa Swanepoel brei en brei al van kleintyd af en geniet steeds elke oomblik daarvan. Baie jare lank het sy die voorreg gehad om as deel van die Vrouekeurspan hul patrone te doen en ‘n reeks boeke deur LAPA uit te gee. Sedert die afsluiting van daardie fase het sy nog meer tyd vir hierdie passie en sy hoop om dit nog lank met ander te kan deel.

Categories Afrikaans Lifestyle Non-fiction South Africa

Tags 20 Hekeltegnieke 20 Hekeltegnieke met kreatiewe projekte en moderne patrone Afrikaans Christa Swanepoel DIY LAPA LAPA Uitgewers New books New releases


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments