LAPA Uitgewers

Graffiti-aanlynkuier: Moenie Henriëtte Linde-Loubser se gesprek oor haar gotiese roman, Plek van die poue, misloop nie! (25 Aug)

Graffiti Boeke en LAPA Uitgewers nooi jou uit na die aanlynbekendstelling van Plek van poue deur Henriëtte Linde-Loubser.

Die dooies praat nie deur Peet Venter – Thys Krige vind homself alweer voor die vraag: Hoe diep wil hy betrokke raak?

Die sesde titel in Peet Venter se Thys Krige-reeks is hier! Die dooies praat nie is nou as e-boek beskikbaar.

’n Stokou kasteel, grillerige skilderye en vreemde pouvere in Henriëtte Linde-Loubser se gotiese roman, Plek van poue

Nou beskikbaar by LAPA Uitgewers: Plek van poue deur Henriëtte Linde-Loubser, ’n gotiese roman in die tradisie van Victoria Holt.

Kry vandag ’n winskopie! Ondersteun jou plaaslike boekwinkels en maak ’n verskil met Koop-’n-Afrikaanse-boekdag (14 Aug)

Op 14 Augustus vind Koop-’n-Afrikaanse-boekdag vir die 16de jaar agtereenvolgens plaas en jy kan boeke op hierdie dag teen ’n winskopie vir jou en jou kinders koop.

‘Hoe sal jy die Kaap beskryf? Sonskyn of storms?’ Lees ’n uittreksel uit In sonskyn en storms deur Frenette van Wyk

Skrywer Frenette van Wyk het onlangs ’n kort uittreksel uit haar nuwe e-boek, In sonskyn en storms, op haar Facebook-blad gedeel. Lees die uittreksel.

‘Die hamer tref die houtpen met ’n dowwe knal’ – Lees ’n uittreksel uit Jan Vermeulen se gotiese riller, Nagjagter

Lees ’n uittreksel uit Nagjagter deur Jan Vermeulen, nou beskikbaar by jou naaste boekwinkel en as e-boek.

Nuut by Wenkbrou: Roekeloos deur Christelle Woudberg, stomende e-rotika oor ’n MMA-vegter wat moet baklei vir liefde

Ses jaar gelede het Storm skielik uit Zara se lewe verdwyn, sonder rede of ’n verduideliking. Nou is hy terug en het een ding op die brein: Om vir Zara weer terug te wen en finaal syne te maak.

LAPA is opsoek na ’n nuwe produksieassistent in Pretoria – is jy dalk die geskikte persoon? Doen aansoek voor 14 Augustus

LAPA Uitgewers – ‘n afdeling van Penguin Random House SA – het ’n vakature vir ’n gekwalifiseerde en dinamiese persoon om as produksieassistent by LAPA Uitgewers in Pretoria diens te verrig.

Vampiere – in Port Elizabeth? Kom gesels met Jan Vermeulen by die aanlynbekendstelling van Nagjagter (4 Aug)

LAPA Uitgewers en Graffiti Boeke nooi jou graag na die aanlynbekendstelling van Jan Vermeulen se jongste roman, Nagjagter. 

Maak elke dag een vir die boeke: Vind uit hoe jy ’n LAPA-agent kan word en verdien kommissie op boekverkope

Kan jy vindingryke verkoopsplanne maak? Is jy ‘n go-getter en entrepreneur? Dan is jy die persoon na wie LAPA opsoek is. Word ‘n LAPA agent en verdien ‘n ekstra inkomste.

Graffiti-aanlynkuier: Jana Marx gesels met Bouwer Bosch oor haar boek, Afspraak met moord (30 Julie)

Graffiti Boeke en LAPA Uitgewers nooi jou graag na ’n aanlynbekendstelling van Afspraak met moord deur Jana Marx.

Louise Viljoen resenseer Mirre deur Chanette Paul: ‘Sy beeld haar karakters natuurlik en realisties uit’

‘Die menslike aspek vier hoogty in Paul se werk,’ skryf Louise Viljoen in haar resensie van Mirre deur Chanette Paul.

Wat sou ek doen? Esther Verhoef gesels oor domestic noir en haar sielkundige riller, Liewe Mamma

Die bekroonde Nederlandse skrywer Esther Verhoef het onlangs met Naomi Meyer gesels oor haar angswekkende sielkundige riller, Liewe Mamma. 

[Video] ‘Die geweld speel af in die huis waar alles bitter gevaarlik is’ – Deborah Steinmair gesels oor domestic noir

Heino du Plessis het onlangs met Deborah Steinmair gesels oor haar roman, As jy van moord droom. Hy skop die onderhoud af met die vraag: Wat is domestic noir? Kyk na die video.

Smullekker blatjanghoender om die koue mee te stuit – probeer hierdie gratis resep uit Isolasie-inspirasie: Trooskos

Opsoek na idees vir aandete? Probeer gerus hierdie smullekker resep vir blatjanghoender uit Isolasie-inspirasie: Trooskos.

Lokprent: Nagjagter deur Jan Vermeulen is binnekort beskikbaar by jou naaste boekwinkel

Port Elizabeth is die Mekka van Goth-vampiere in Suid-Afrika, skryf Jan Vermeulen in sy jongste roman, Nagjagter. Kyk na die lokprent, as jy dit sal waag.

[Video] ‘Seksuele geweld in ons land is ’n aktuele kwessie’: Hans du Plessis gesels oor Die opstand van Poppie Nel

Video: Hans du Plessis se jongste roman, Die opstand van Poppie Nel, plaas ’n kollig op die seksuele misbruik van kinders en vrouers deur kerkleiers en mense wat hulle vertrou. 

Sal Esperanze haar plaas en haar hart prysgee? Vind uit in Frenette van Wyk se nuwe romanse, In sonskyn en storms

Frenette van Wyk se nuwe historiese romanse, In sonskyn en storms, is nou as e-boek beskikbaar.

Die noodlot het ander planne vir Evan en Anya in Ware noord deur Elsa Winckler

Nuut by LAPA Uitgewers: Ware noord deur Elsa Winckler, nou ook as e-boek beskikbaar.

Graffiti-aanlynkuier: Lizz Meiring gesels met Hannes van Wyk oor Soete sonde, ’n kortverhaalbundel oor sjokolade (16 Julie)

LAPA Uitgewers en Graffiti Boeke nooi jou uit na ’n aanlynbekendstelling van Soete sonde, ’n kortverhaalbundel oor sjokolade saamgestel deur Lizz Meiring.