LAPA Uitgewers

LAPA Uitgewers en Graffiti Boeke nooi jou graag na die virtuele bekendstelling van Dominique deur Erla-Mari Diedericks (8 Junie)

LAPA Uitgewers en Graffiti Boeke nooi jou graag na die virtuele bekendstelling van Dominique deur Erla-Mari Diedericks.

Die Afrikaanse kriptiese blokraaiboek II is nou beskikbaar met 30 splinternuwe blokraaie!

Geniet nog 30 splinternuwe uitdagende en meevoerende raaisels in Die Afrikaanse kriptiese blokraaiboek II deur Willem Swanepoel.

Nuut! Daar’s iets vir elke hekelentoesias in 50 Tydlose Hekelpatrone deur Christa Swanepoel

Nuut! 50 Tydlose Hekelpatrone deur Christa Swanepoel – ’n versameling van 50 hoogtepunte uit die baie suksesvolle reeks, Hekel saam met Vrouekeur.

In 1899 verander twee families se lewens onherroeplik wanneer hul paaie kruis in Skilderkrans deur JJ Olivier

Skilderkrans, JJ Olivier se debuutroman wat afspeel tydens die Anglo-Boereoorlog, is nou beskikbaar by LAPA Uitgewers.

Potgooi: ‘Die era van valse ordentlikheid is verby!’ Ilse Salzwedel gesels met Sophia Kapp en Leonie van Rensburg oor Lyfskap

Luister hoe gesels Ilse Salzwedel met Sophia Kapp en Leonie van Rensburg oor hul bundel erotiese verhale, Lyfskap, op RSG.

Graffiti-aanlynkuier: Kom vier SA se vrouehelde by die bekendstelling van Vaandeldraers deur Wendy Maartens (19 Mei)

Aandag alle ouers, oupas en oumas, ooms en tannies, en onderwysers! LAPA Uitgewers en Graffiti Boeke nooi jou graag na die virtuele bekendstelling van Vaandeldraers: Vrouehelde van Suid-Afrika deur Wendy Maartens.

Kyk hoe maak Armand Aucamp kits-sjokoladepoeding uit Armand kook kaal Volume 2 (Video resep)

In sy nuutste video wys Armand Aucamp hoe om ’n kits-sjokoladepoeding voor te berei (en ’n bietjie meer as dit).

Nou beskikbaar – Verhale van hoop: So help jy jou geliefde en jouself deur Pieter van Zyl

Dit is spesiaal om die pad van ’n psigiese versteuring met ’n geliefde te loop – lees Verhale van hoop deur Pieter van Zyl vir insig en advies.

Gryp jou lipstiek en sluit die deur – Roxy deur Kristel Loots is hier!

Elke vrou het ’n storie. Lees Roxy deur Kristel Loots, nou beskikbaar by LAPA.

Dominique deur Erla-Mari Diedericks is nou beskikbaar! Kyk na die lokprent vir die domestic noir riller

Kyk na die lokprent vir Dominique, die nuutste domestic noir riller deur Erla-Mari Diedericks – nou beskikbaar by LAPA Uitgewers.

Hoe vergewe jy as daar nie om vergifnis gevra word nie? Vind uit in Die vyfde slag deur Johann Grobbelaar

Afgetrede prokureur Johann Grobbelaar se jongste roman, Die vyfde slag, is binnekort beskikbaar by LAPA Uitgewers.

Het jy al Arendsvlerke vir Siebert deur Elsa Winckler probeer? Lees ’n kort uittreksel

‘’n Hartaanval?’ vra Talia vir die derde keer. ‘Maar Pappa was nooit siek nie, dit maak nie sin nie.’ Lees ‘n kort uittreksel uit Arendsvlerke vir Siebert deur Elsa Winckler.

WEN al 3 boeke in Irma Joubert se oorlogstrilogie, insluitend haar jongste roman, Na ’n plaas in Afrika (Plus: Video)

Dis kompetisietyd! Een gelukkige leser kan wegstap met al drie boeke in Irma Joubert se oorlogstrilogie: Immer wes, Mentje, kind van Pas-opkamp en haar jongste, Na ’n plaas in Afrika.

Karlien kan nie kook nie – maar sy kan Joe se filet met sampioensous en groenboontjies maak! Probeer die resep

Probeer die resep vir Joe se filet met sampioensous en groenboontjies uit Karlien kan nie kook nie.

Nuut! Vier vurige nuwe Romanzas – watter een sal jy kies?

Nuut by LAPA in Mei 2021 – vier nuwe liefdesverhale deur Marilé Cloete, Rina Cilliers, Nellie Alberts en Alma Carstens.

Probeer Armand Aucamp se resepte vir Keto-kraakbeskuitjies, Murgpampoentjie-rösti’s en Wortelkoek-fudge

In die April-uitgawe van The Penguin Post deel Armand Aucamp sy resepte vir Keto-kraakbeskuitjies, Murgpampoentjie-rösti’s en Wortelkoek-fudge uit Armand Kook Kaal Volume 2.

Kyk: Armand Aucamp kook kaal op Bravo! (Video)

Kyk hoe maak Armand Aucamp vir Ewan Swanepoel proteïen-pannekoeke op Bravo!

Na Covid-19 was daar? Cliffordene Norton gesels met Isa Konrad oor haar wetenskapfiksieroman, Toekomsmens

Cliffordene Norton gesels met Isa Konrad oor haar boeiende wetenskapfiksieroman, Toekomsmens, wat afspeel 37 jaar nadat die Covid-19 pandemie Suid-Afrika se ekonomie verwoes het.

Hoe verander ’n wetsgehoorsame burger in ’n godfather-figuur? Henk Breytenbach gesels oor sy jongste roman, Kroonwild

Henk Breytenbach gesels oor sy jongste roman, Kroonwild, distopiese fiksie en sy skryfproses.

Kry tot en met 75% afslag op uitgesoekte titels in LAPA se Herfs-uitverkoping

LAPA Uitgewers se Herfs-uitverkoping is hier! Kry tot en met 75% afslag op uitgesoekte titels.