C

Dominique deur Erla-Mari Diedericks is nou beskikbaar! Kyk na die lokprent vir die domestic noir riller
 More about the book!

Dalk is hy hier. Besig om jou dop te hou.

Dominique is ’n kunstenares en ’n hoogsbetaalde gesellin wat spesialiseer in seksfetisjes. Martin is ’n sielkundige wat bekruipers navors. Hul paaie kruis wanneer Dominique by Martin om hulp aanklop omdat sy agtervolg word.

Hulle mag so uiteenlopend wees soos nag en dag, maar albei word geteister deur donker geheime. Martin het syfers nodig om sy angstigheid te beheer, Dominique die vertroosting van haar sekswerk-persona, Courtesan. Soos Dominique en Martin deur haar lys van klante werk om Die Bekruiper te ontbloot, word die bedreiging al hoe erger. En die tyd al hoe minder.

Die boek bied ’n ontnugterende perspektief op die seksindustrie – seks word nie verromantiseer nie en die vraag word gevra: Wat is normaal? Die skrywer het baie navorsing gedoen oor bekruipers, psigopatie, voyeurisme, obsessie as kliniese siekte, maar ook hoe alledaagse mense seks as kommoditeit gebruik.

Nie vir sensitiewe lesers nie.

Kyk na die lokprent:

Oor die outeur

Erla-Mari Diedericks is ’n joernalis, rubriekskrywer en outeur. Sy is al meer as 30 jaar ’n joernalis en het haar droom verwesenlik om vir byna elke publikasie in SA te skryf, waaronder Fairlady, Femina, You, Huisgenoot, Sarie, Rooi Rose, Idees, Tuis, Keur – en selfs Playboy. Sy het ook al geskryf vir Beeld, Die Burger, Rapport en Sunday Times. Sy het sewe boeke op haar kerfstok – Sin, Sushi & Survival, Still Standing, V-Verhale, Seks, Leuens en die Internet, Agter Grendels en Dominique. Tans skryf sy rubrieke vir Netwerk24 wat dikwels die manlike geslag ontstig.

 

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans Book trailer Domestic Noir Dominique Erla-Mari Diedericks LAPA LAPA Uitgewers New books New releases Video


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments