C

Potgooi: ‘Die era van valse ordentlikheid is verby!’ Ilse Salzwedel gesels met Sophia Kapp en Leonie van Rensburg oor Lyfskap
 More about the book!

Ilse Salzwedel het vroeër vanjaar met Sophia Kapp en Leonie van Rensburg op RSG se Skrywers en Boeke-program gesels.

Sophia en Leonie is die samestellers van Lyfskap, ’n bundel erotiese verhale deur skrywers soos Riana Scheepers, Irna van Zyl, Leon van Nierop en Kerneels Breytenbach wat die jaar by LAPA Uitgewers verskyn het.

Sophia sê sy was aangenaam verras deur die oorvloed verhale wat hulle ontvang het. ‘Ek het nie gedink Afrikaanse skrywers sal hul name aan so ’n projek wil koppel nie,’ sê sy. ‘Ek dink die era van valse ordentlikheid is verby.’ Sy voeg by dat die skryfwerk in Lyfskap ’n teken is van die ‘lewenskragtigheid van Afrikaans’.

Leonie se raad aan Afrikaanse lesers? ‘Wees waagmoedig. Gaan koop die boek en lees hom. Ek dink jy sal verbaas wees oor die heerlike stories daarbinne. Daar is definitief iets vir almal.’

Die gesprek begin om 24:00. Luister na die potgooi:

Lees ook:

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans Ilse Salzwedel Interviews LAPA LAPA Uitgewers Leonie van Rensburg Lyfskap Podcast Potgooi RSG Skrywers en Boeke Sophia Kapp


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments