C

Nou beskikbaar – Verhale van hoop: So help jy jou geliefde en jouself deur Pieter van Zyl
 More about the book!

Kintsugi is die Japanese kunstegniek om ’n gebroke keramiekvoorwerp met goud te herstel. Die tegniek maak ’n voorwerp mooier en meer kosbaar as wat dit in ’n ongebroke toestand was. Met die regte ingrype kan gebrokenheid waarde en skoonheid ontsluit.

Hierdie idee is die draad wat deur dié boek loop.

Dit is spesiaal om die pad van ’n psigiese versteuring met ’n geliefde te loop – ’n pad wat verby verukking en verskrikking kronkel. Die mense na aan iemand met ’n psigiese siekte voel alleen en dikwels verlate. In hierdie boek maak tientalle mense van verskillende agtergronde hul harte oop ter bemoediging en om insigte te deel. Psigiaters en sielkundiges gee praktiese raad oor wat om te doen, veral as ’n situasie ondraaglik of gevaarlik raak. Selfdood het dikwels ’n lang aanloop en daar kan ingegryp word.

In Suid-Afrika ly een uit ses mense aan depressie, angs en middelafhanklikheid en tot ses miljoen aan post-traumatiese stres. Agt duisend mense per jaar staan hul lewens aan selfdood af. Die Covid-epidemie dryf dit verder op die spits. Die feit dat net een in ses mense met ’n psigiese siekte behandeling kry, wys hoe belangrik ondersteuning deur geliefdes is. Lees hier vir advies. Daar is hoop.

Oor die outeur

Pieter van Zyl het ’n honneursgraad in sielkunde en ’n graad in joernalistiek van die Universiteit van Stellenbosch. Hy is ’n senior verslaggewer met ’n spesiale belangstelling in psigiese gesondheid by Huisgenoot. Hy het verskeie akkolades vir sy joernalistieke werk ingepalm. Naas vier ATKV Mediaveertjies was hy ’n Vodacom Joernalis van die Jaar-kategoriewenner en Joernalis van die Jaar by Media24-tydskrifte. Hy was vroeër ’n genoot by die Rosalynn Carter Fellowship for Mental Health Reporting. Hierdie is sy tweede boek na Gert & Joey.

Categories Afrikaans Non-fiction South Africa

Tags Afrikaans Kintsugi LAPA LAPA Uitgewers New books New releases Pieter van Zyl Self-help Verhale van hoop


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments