C

Die Afrikaanse kriptiese blokraaiboek II is nou beskikbaar met 30 splinternuwe blokraaie!
 More about the book!

’n Kriptiese leidraad lei jou om die bos en smokkel met jou kop. Dit verg toewyding en laterale denke om diep in jou algemene kennis te delf en jou weg tussen versteekte woordbetekenisse te vind.

Die Afrikaanse kriptiese blokraaiboek II bevat nog 30 splinternuwe raaisels en ’n meer uitdagende bonusraaisel vir dié wat dapper genoeg is. Betree hierdie wonderlike woordwêreld, en onthou:

Daar is ’n afdruk van ’n poot op ons almal se voorstoepe. (Skommel die letters van die woord VOORSTOEP en jy kry VOETSPOOR. Gebruik die volgende leidraad om tot die slotsom te kom: Daar is ’n afdruk van ’n poot op my deurmekaar voorstoep.)

Die boek is die tweede kriptiese blokraaiselboek in hierdie reeks en bied 30 splinternuwe blokraaie. Die boek bied meer uitdagende en meevoerende raaisels as konvensionele blokraaiselboeke.

Oor die samesteller

Willem Swanepoel is ’n afgetrede IT-spesialis. Hy het ’n BSc-graad in inligtingstelsels en statistiek en het 38 jaar in die IT-departement van ’n groot mynbougroep gewerk, waar hy in databasisontwerp vir ’n verskeidenheid stelsels gespesialiseer het.

Categories Afrikaans Lifestyle Non-fiction South Africa

Tags Afrikaans Cryptic Crosswords Die Afrikaanse kriptiese blokraaiboek II Hobbies Kriptiese blokraaisels LAPA LAPA Uitgewers New books New releases Willem Swanepoel


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments