C

Karlien kan nie kook nie – maar sy kan Joe se filet met sampioensous en groenboontjies maak! Probeer die resep
 More about the book!

LAPA Uitgewers deel graag ’n resep uit Karlien van Jaarsveld se kookboek, Karlien kan nie kook nie, saamgestel deur leefstylsjef Izelle Hoffman.

Probeer gerus die resep vir Joe se filet met sampioensous en groenboontjies.

Bestanddele

Sampioensous

  • 2 e olyfolie
  • 2 knoffelhuisies, geskil en fyngekap
  • 2 swart vars rissie, gekap
  • hand vol vars roosmarynblare, gekap
  • hand vol vars tiemieblare, gekap
  • ½ t koljandersaad
  • 300 g wilde sampioene
  • 300 g sjiitake-sampioene
  • growwe sout
  • 2 e botter
  • 1 rooi-ui, gekap
  • 1 swart knoffelhuisie, fyngekap
  • ½ t sout
  • 1 t tiemie
  • 120 ml sjerrie
  • 500 ml room
  • 50-100 ml melk
  • 1 t mielieblom

Knoffelboontjies

  • 2 e olyfolie
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • 600 g dun groenboontjies, punte afgesny
  • 200 g vars ertjies
  • 300 g wilde sampioene
  • 1 e botter
  • ¼ t rissievlokkies
  • ½ t growwe sout
  • 1 t growwe swartpeper
  • 1 opgehoopte t uievlokkies
  • Afronding
  • sap van ’n halwe suurlemoen

Filet

  • 1 heel filet
  • 1-2 e olyfolie
  • 1 t growwe sout
  • 1 t growwe swartpeper

Metode

Sampioensous: Bereiding 15 min | Gaarmaaktyd 15-20 min

  1. Giet olyfolie in ’n diep pot oor warm kole.
  2. Roerbraai die fyngekapte knoffel van 2 knoffelhuisies, die rissie, roosmaryn, tiemie en koljander tot geurig. Voeg die sampioene by en roer deurentyd sodat dit nie brand nie. Geur met sout en voeg die botter by sodra die sampioene van kleur begin verander. Roer tot die botter deur die sampioene geabsorbeer is. Skep uit en hou eenkant.
  3. Verhit nog olyfolie en braai die ui, 1 swart knoffelhuisie, sout en tiemie.
  4. Voeg die sjerrie by en roerbraai tot die ui gekaramelliseer is. Verlaag die hitte en laat dit vir ’n paar minute prut, maar nie droogkook nie. Verwyder van die hitte en laat afkoel.
  5. Voeg die room by en plaas terug op ’n lae hitte totdat dit amper begin kook. Voeg die melk by en indien verkies, nog sout en sjerrie. Roer die mielieblom by en laat prut oor lae hitte tot so dik soos verlang.
  6. Voeg die sampioene by en roer tot deurgemeng.

Knoffelboontjies: Bereiding 5 min | Gaarmaaktyd 10 min

  1. Verhit olyfolie in ’n groot pan op die stoof.
  2. Braai die knoffel tot geurig en voeg die res van die bestanddele by.
  3. Roerbraai vir sowat 6 minute (die boontjies moet bros bly).
  4. Giet suurlemoensap oor voor bediening.

Filet:

  1. Smeer die filet oraloor met olie.
  2. Braai oor warm kole tot so gaar soos verlang. Geur deurentyd met sout en peper.
  3. Sny in dik skywe en seël alkant oor warm kole.
  4. Verwyder van die rooster en laat rus in ’n braaibak vir 5 min.
  5. Sit voor met sampioensous, groenboontjies en vars ciabatta.

Categories Afrikaans Cookery Non-fiction South Africa

Tags Afrikaans Izelle Hoffman Joe Breytenbach Joe se filet met sampioensous en groenboontjies Karlien kan nie kook nie Karlien van Jaarsveld LAPA Uitgewers Recipes Resep


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments