C

Hoe vergewe jy as daar nie om vergifnis gevra word nie? Vind uit in Die vyfde slag deur Johann Grobbelaar
 More about the book!

Hoe vergewe jy as daar nie om vergifnis gevra word nie?

Karl Louw, ’n prokureur, word deur Helen Brodie genader om haar in ’n regsgeding te verteenwoordig. Die regsaak veroorsaak dat Karl en sy vrou Wilma ook met ou wonde van die verlede gekonfronteer word: verraad, verkragting, die mag wat mans in ’n patriargale, chauvinistiese samelewing oor vrouens aanvaar.

Terwyl Karl en Helen veg om haar professionele reputasie te beskerm, worstel Wilma met haar eie donker skuldgevoel en probeer haar man se verlede ontrafel. Sy onskuldige en ietwat idilliese skoolromanse is die grondslag vir alles wat Karl glo van die liefde, verhoudings en intimiteit – en die rede waarom Wilma nie haar geheim met hom kan deel nie. Hoe vergewe jy as daar nie om vergifnis gevra word nie?

Die verhaal hanteer verkragting en intimiteit op sensitiewe wyse: al drie vrouens word letterlik of figuurlik verkrag. Daar word krities gekyk na die regsbeskouing dat indien ’n vrou ’n orgasme beleef tydens die verkragting dit beskou as ‘uitgestelde toestemming’ tot die daad. Teenoor die wetlike aspekte word die persoonlike impak en rippeleffek van só ’n traumatise ervaring ondersoek.

Die boek word egter nooit ’n neerdrukkende, gewroegde teks nie. Die titel verwys na die vyf tromslae aan die begin van Beethoven se vioolkonsert in D majeur, met die vyfde tromslag wat sowel ’n afsluiting as ’n begin is. Vandaar die motto deur TS Eliot: ‘In my end is my beginning’.

Oor die outeur

Johann Grobbelaar is ʼn afgetrede prokureur en woon in Randburg waar hy vir die grootste gedeelte van sy lewe as prokureur en ook ’n paar jaar as advokaat in Johannesburg gepraktiseer het. Hy bestee die vrye tyd wat sy aftrede hom gee deur te lees en na klassieke musiek te luister.

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans Die vyfde slag Johann Grobbelaar LAPA LAPA Uitgewers New books New releases TS Eliot


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments