C

Het jy al Arendsvlerke vir Siebert deur Elsa Winckler probeer? Lees ’n kort uittreksel
 More about the book!

LUCA, ’n nuwe druknaam van LAPA Uitgewers, het onlangs ’n proesel uit hul eerste geestelike fiksieboek gedeel. Arendsvlerke vir Siebert is ’n eerlike maar deernisvolle verhaal van liefde en oorwinning uit die pen van ATKV Woordveertjiewenner, Elsa Winckler.

Lees die uittreksel:

~~~

Lente

‘’n Hartaanval?’ vra Talia vir die derde keer. ‘Maar Pappa was nooit siek nie, dit maak nie sin nie.’ Sy wend ’n vergeefse poging aan om haar wange met haar handpalms droog te vee.

Katinka sluk en probeer praat, maar sy kry nie ’n geluid uit nie. Die gebeure van die oggend is nog so onwerklik.

Barend se vennoot in die prokureurspraktyk wat voor haar deur staan, die nagmerrierit hospitaal toe. Barend op ’n hospitaalbed – spierwit, leweloos.

Dis lente in Somerset-Wes, hier teen die hange van die Hottentots-Hollandberge. Oral getuig blomme en bloeisels van nuwe lewe, maar haar man, haar groot, sterk man, is dood. Dit was sy droom om ’n huis hoog teen die berg te bou sodat hulle ver oor Valsbaai kan uitkyk. Want, het hy altyd gesê, dis waar hulle op hulle oudag kan sit en onthou. En nou is hy weg.

~~~

Categories Afrikaans Fiction

Tags Arendsvlerke vir Siebert Book excerpts Book extracts Elsa Winckler LAPA LAPA Uitgewers LUCA Uittreksel


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments