Afrikaans

Hou jou kinders besig en nuuskierig met Fanie Viljoen se splinternuwe reeks klein boekies met baie inligting

Het jy geweet muskiete is van die dodelikste diere op aarde, piesangs is radioaktief en jou vingers het glad nie spiere nie? Hou die kinders besig met Fanie Viljoen se nuwe reeks klein boekies propvol feite vir jong lesers.

Ontdek die ster in jou anderster kind in Help! My kind is anders deur Christien Neser, nou as e-boek beskikbaar

Nou beskikbaar as e-boek by LAPA Uitgewers: Help! My kind is anders deur Christien Neser.

’n Jong, roekelose joernalis ondersoek die moord op ’n regter in Malene Breytenbach se nuwe spanningsverhaal, Skadumagte

Is jy reg vir Malene Breytenbach se nuwe spanningsverhaal? Skadumagte is nou beskikbaar by LAPA as e-boek

‘’n Puik roman en meer as belowend’: Zola deur Johan Jack Smith wen gesogte Eugène Marais-prys

Johan Jack Smith se debuutroman, Zola, het pas die Eugène Marais-prys van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns ontvang. Die prys word aan ’n eerste or vroeëre werk toegeken.

Sielskos vir moeë, ingeperkte mense: ’n Huis vir altyd deur Cecilia Nortjé

Milan se lewe is ’n gemors: Haar man is oorlede; sy is vir die eerste keer in haar lewe arm, en haar enigste besitting is ’n vervalle huis op Vaalkrans. Lees haar storie in ’n Huis vir altyd deur Cecilia Nortjé – nou by LAPA beskikbaar as e-boek.

Penguin Random House publiseer rolprent-vrystelling uitgawe van Die Griekwastad Moorde deur Jacques Steenkamp

Die boek Die Griekwastad Moorde deur Jacques Steenkamp is nou ’n rolprent met Arnold Vosloo, en Penguin Random House SA het ook pas die rolprent-vrystelling uitgawe van die boek gepubliseer.

Vier nuwe Romanzas deur Marilé Cloete, Alma Carstens, Renda de Waal-Fourie en Louise van der Merwe – nou as e-boek beskikbaar!

Nuut by LAPA Uitgewers – vier nuwe Romanzas om die koue weg te lees. Al hierdie romanses sal later ook as papierboek in die winkels beskikbaar wees.

Kyk na die virtuele bekendstelling van Deborah Steinmair se nuutste boek As jy van moord droom op Boekemakranka

Kyk na Boekemakranka se virtuele boekbekendstelling en gesprek met Deborah Steinmair oor haar nuuste boek, As jy van moord droom, uitgegee deur LAPA Uitgewers.

Sophia Kapp gesels oor Kanaän: ‘Ek skryf vroue wat in moeilike omstandighede sterk word’

Sophia Kapp gesels oor haar jongste liefdesroman, Kanaän: Die verhaal van Chrisjan en Catherine, ’n eenvoudige Afrikanerboer uit die Vrystaat en ‘n gesofistikeerde dogter van ’n skatryk Engelse sakeman.

Iets onheilspellend broei by hierdie bruilof – Lees ’n uittreksel uit Bloedfamilie deur Elsa Hamersma

Lees ’n uittreksel uit Elsa Hamersma se jongste roman, Bloedfamilie – die aangrypende verhaal van ’n familie wat worstel met ’n dodelike geheim en obsessie.

Lees ’n onderhoud met Irna van Zyl oor Bloedsteen PLUS luister na haar voorlesing uit die roman [Video]

Lees ’n onderhoud met Irna van Zyl oor haar jongste misdaadroman, Bloedsteen, en kyk na ’n voorlesing deur die skrywer op Penguin Random House SA se Facebookblad.

‘Hei, klein dief,’ roep die sersant my. ‘Hier’s jou lawyer.’ Lees ’n uittreksel uit Geen engel nie deur André Krüger

In André Krüger se jongste roman, Geen engel nie, neem ’n man ná ’n lewe in die skadu’s stelling in, rewolwer in die hand, om sy allerlaaste misdaad te pleeg. Lees ’n uittreksel waarin die man onthou hoe hy as jongmens in die tronk beland het.

‘Pa is groot en ons klein en die lewe is nie ’n regverdig plek nie’ – Lees ’n uittreksel uit ’n Ballade vir Nkunzi deur Ben Viljoen

Daar is min verhale in Afrikaans wat armoede uitbeeld soos ’n Ballade vir Nkunzi deur Ben Viljoen. Lees die uittreksel waarin Bernard Welman sy geweld op sy familie uithaal.

Video: Armand Aucamp vertel hoe hy gesond eet tydens die inperking en deel sy gunsteling skuldvrye peuselhappie

Die gewilde akteur en kookboekskrywer Armand Aucamp het onlangs met Heino du Plessis gesels oor sy twee nuwe e-boeke, Bant saam met Armand en Inspiration for Isolation: 14 Low-Carb Recipes for 14 Days.

‘Ek herken haar. Sy is … Maryna.’ Lees ’n uittreksel uit As jy van moord droom deur Deborah Steinmair

Lees ’n uittreksel uit As jy van moord droom deur Deborah Steinmair waarin ma en dogter mekaar na 20 jaar vir die eerste keer weer sien. Die eerste ontmoeting speel nie af soos wat Erin verwag het nie. Haar dogter praat beter Chinees as Afrikaans, is grotesk, het ’n daggagewoonte en sê amper nooit enigiets nie.

Moenie die film gebaseer op die boek Die Griekwastad Moorde deur Jacques Steenkamp op 5 Mei misloop nie!

Die film gebaseer op die boek Die Griekwastad Moorde deur Jacques Steenkamp gaan op 5 Mei 2020 op DStv se BoxOffice vrygestel word. Die boek vertel die ware verhaal van die moorde op die Steenkamp-gesin wat op 6 April 2012 in die klein Noord-Kaapse dorpie Griekwastad gebeur het.

Koronavirus: ’n Boek vir kinders is nou as gratis e-boek by LAPA beskikbaar

Nuut by LAPA: ’n Gratis e-boek om ouers te help om die koronavirus aan hul kinders te verduidelik. Koronavirus: ’n Boek vir kinders is geïllustreer deur Axel Scheffler en na Afrikaans vertaal deur Jaco Jacobs.

Selfpublikasie: Maak jou boekdroom waar met Paper Frog Publishing, ’n onderafdeling van LAPA en Penguin Random House SA

Baie skrywers droom daarvan om gepubliseer te word, maar hulle wil nie algehele beheer oorlaat aan ’n groot, tradisionele uitgewery nie. Paper Frog Publishing is geskep om sulke individue te help.

Beyers de Vos gekies vir die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans Skrywersresidensie 2020: ‘Al wat ek kan doen is om die boek te skryf wat ek wil skryf’

Beyers de Vos is vandeesmaand aangewys as een van ses skrywers wat gekies is vir die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans Skrywersresidensie 2020. Sy debuutroman Wrok (in Engels: Talion) is tans beskikbaar as e-boeke op Amazon en Kobo.

’n Liefdesverhaal om die kwarantyntydperk op te kikker: Kanaän deur Sophia Kapp is nou by LAPA as e-boek beskikbaar

Hy is ’n eenvoudige Afrikanerboer uit die Vrystaat; sy is die gesofistikeerde dogter van ’n skatryk Engelse sakeman. Sal hulle ooit bymekaar uitkom? Vind uit in Sophia Kapp se jongste boek, Kanaän.