Lees ’n onderhoud met Irna van Zyl oor Bloedsteen PLUS luister na haar voorlesing uit die roman [Video]
More about the book!
Bloedsteen deur Irna van Zyl het vanjaar by Penguin Random House SA verskyn in Afrikaans, Engels én as luisterboek.
Die roman ontvou teen die pas van ’n sneltrein wanneer die hoofkarakter Storm van der Merwe nie een nie, maar twee moordsake moet oplos: dié van Beebee Bukelwa Babu, befaamde Suid-Afrikaanse modeontwerper, en haar eie ma wat voor ’n trein op Paddington-stasie ingestamp word.
Phyllis Green het onlangs met Irna gesels oor haar derde misdaadroman. In die onderhoud vertel Irna meer oor die inspirasie agter die boek, die navorsing wat sy gedoen het, en hoe sy kop gehou het met die komplekte tydslyn waarin die verhaal afspeel.
Irna het spesiaal vir haar lesers ’n brokkie uit die roman uit voorgelees.
Kyk na die video op Penguin Random House SA se Facebookblad:
Voorlesing: Irna van Zyl (Bloedsteen)
“Speuradjudant Storm van der Merwe se ma val nie per ongeluk onder ’n trein op Londen se Paddington-stasie nie. Sy word gestamp.” ’n Meer dramatiese opening gaan jy nie vanjaar raaklees nie. Koop Irna van Zyl se heerlike krimi, Bloedsteen, hier: https://bit.ly/3aTACW0
Posted by Penguin Random House SA on Wednesday, April 15, 2020
Laai die e-boek af:
Categories Afrikaans Fiction South Africa
Tags Afrikaans Bloedsteen Blood Stone Interviews Irna van Zyl Penguin Random House SA Phyllis Green Sarie Video