C

Voorafbestellings vir Chanette Paul se langverwagte Marilyn is nou beskikbaar!
 More about the book!

Voorafbestellings nou beskikbaar! Maak seker jy kry jou kopie van Marilyn, die langverwagte Vywervrou-trilogie vervolg.

Aflewering vanaf 13 Julie 2021.

Oor die boek

Vywervrou? Nee, ’n kaivrou. Dis wat sy is.

Omring met haar geliefde vywervroue, weet Marilyn sy is nie een van hulle nie. Sy is ’n kaivrou, die waterwese wat mans en kinders die dieptes intrek en verdrink. Daarvan getuig haar hele lewe tot hier toe. Dis iets waarmee sy gedink het sy vrede gemaak het.

Met die pandemie wat die wêreld op sy kop keer en die ouderdom wat Marilyn al hoe meer bewus maak van haar sterflikheid, is dit seker nie vreemd om bestek op te neem van wat agter lê nie. Dit moet wees waarom haar gedagtes deesdae aanhoudend terug foeter na die verlede toe. So ver terug as daardie jaar toe sy Paul Avenant ontmoet het, en uiteraard ook die tragiese gevolge van dié ontmoeting.

Nie dat dit daarna veel beter gegaan het nie. Een onbesonne ding na die ander het sy aangevang tot sy hier op Vywerbaai beland het. Hier waar sy met haar seun kon herenig en, as enorme bonus, die vywervroue leer ken en hegte vriendskappe gesmee het. Sy was sowaar naïef genoeg om te dink die meetsnoere begin nou vir haar in die regte plekke val.

Tot die dag voor die eerste grendeltydperk toe sy besef ’n mens se sondes haal jou altyd in. Selfs sondes wat jy nie self gepleeg het nie …

~~~

Oor die outeur

Chanette Paul word rond en bont groot. Sy woon nege skole by, studeer aan vyf universiteite en het al in sewe provinsies gebly. Haar eerste verhaal waarvoor sy betaling ontvang het, is ’n sprokie wat sy op sestienjarige ouderdom geskryf het en op Siembamba voorgelees is. Die tweede, ’n kortverhaal, is in haar universiteitsjare in Huisgenoot gepubliseer.

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans Chanette Paul LAPA LAPA Uitgewers Marilyn New books New releases Vywervrou-trilogie


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments