C

Wat is engele? En watter rol speel hulle in die toekoms? Lees ’n uittreksel uit Die onsienlike wêreld van engele deur Jaco Scholtz
 More about the book!

Engele bestaan werklik, al kan ons hulle gewoonlik nie sien nie … So skryf Jaco Scholtz in sy jongste boek, Die onsienlike wêreld van engele, wat onlangs by LUCA verskyn het.

Maar wat ís engele? En watter rol speel hulle in die toekoms?

Lees ’n uittreksel uit Die onsienlike wêreld van engele:

~~~

Name vir engele

Die Bybel gee baie verskillende name vir engele. Van die eerste verwysings na engele kom in Job 1:6; 2:1 en 38:7 asook Genesis 6:2 en 6:4 voor waar engele ‘seuns van God’ genoem word. In Job 38:7 jubel die ‘môresterre’ saam, en die ‘seuns van God’ juig. Fisiese sterre kan nie jubel of bly wees nie, daarom verwys hierdie ‘môresterre’ en ‘seuns van God’ na engele. Die ‘ster’ waarvan Numeri 24:17 praat verwys na Christus, maar die meeste ander simboliese verwysings in die Bybel na ‘sterre’ is verwysings na engele (vgl. Op 9:1; 12:4). Nog beskrywings vir engele is ‘geeste’, want dit beskryf hulle aard (Heb 1:14). Hulle is ook ‘dienaars’ of ‘boodskappers’ (Ps 104:4; Heb 1:7). Soms word hulle as ‘wagte’ of ‘bodes’ beskryf omdat hulle kyk en seker maak dat God se wil uitgevoer word (Dan 4:13, 17). Omdat engele verteenwoordigers van God is en God hulle die outoriteit gee om in sy Naam op te tree, is nog ’n naam vir hulle ‘elohim’ wat ‘god’ of ‘gode’ beteken (vgl. Ps 8:5; Heb 2:7). Dit maak hulle egter nie ewe skielik God nie, want hulle is lewende wesens wat deur God geskep is. Nie net is hulle ‘hemelinge’ nie (Ps 29:1; 89:7), maar hulle is die ‘vergadering van die heiliges’ (Ps 89:6). Die hemelse weermag bestaan uit engele. Daar word na hulle verwys as ’n ‘leërskare’ (Ps 103:21; 148:2). God, die almagtige Here van die leërskare, is die bevelvoerder van hierdie weermag (vgl. Ps 47:8; 103:20-21). Jesus kon die Vader gevra het om twaalf legioene van engele beskikbaar te stel (Matt 26:53). Soms verwys die Bybel na engele as die ‘waens van vuur’ of die ‘waens van God’ (2 Kon 6:17; Ps 68:18). Maar wat ís engele?

Categories Afrikaans Non-fiction South Africa

Tags Book excerpts Book extracts Die onsienlike wêreld van engele Jaco Scholtz LAPA LAPA Uitgewers LUCA Uittreksel


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments