C

Oos-Kaap onnies, moenie Thérèse Hulme se Praat jy!-slypskole in Gqeberha (25 Nov) en Somerset-Oos (26 Nov) misloop nie!
 More about the book!

Aandag, alle Oos-Kaap onderwysers! Kom leer hoe om ’n skryfkultuur in jou klaskamer te skep by twee opwindende slypskole, aangebied deur Thérèse Hulme.

Thérèse se praktiese gids vir onderwysers vol stories, gedigte, dramateks en rymkletse is nou beskikbaar in Afrikaans as Praai jy! en in Engels as My Word! Ideas for Creating a Writing Culture in the Classroom.

Kom laat Thérèse Hulme se narratiewe benadering jou inspireer om uit niks uit ’n skryfkultuur in jou klas te vestig met haar nuwe boek vol kopoopmaak-vrae en praktiese oefeninge vir leerders, herkouvrae vir onderwysers en besprekings wat nuwe insigte bring na KABV-taaldoelwitte.

Plus, die eerste 300 inskrywings ontvang ’n gratis kopie van haar boek en gratis verversings sal voorsien word!

Besonderhede

Datum: Vrydag 25 November 2022
Tyd: 13:00 tot 15:00
Plek: Die Hoër Seunskool Grey (De Waal Saal), Collegerylaan, Millpark, Gqeberha
RSVP: Bespreek nou!
Meer inligting: Marieta Nel by mnel@penguinrandomhouse.co.za

Datum: Saterdag 26 November 2022
Tyd: 09:00 tot 11:00
Plek: Gill College, Collegeweg, Somerset-Oos
RSVP: Bespreek nou!
Meer inligting: Marieta Nel by mnel@penguinrandomhouse.co.za

Categories Afrikaans Non-fiction South Africa

Tags Afrikaans Eastern Cape Gqeberha LAPA LAPA Uitgewers My Word! Praat jy! Praat jy! Idees vir die skep van 'n skryfkultuur in die klas Somerset-Oos Thérèse Hulme


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments