C

Nou beskikbaar by LUCA! Engele om ons: Alles-in-een joernaal deur Wendy Maartens
 More about the book!

‘Engele is oral om ons, altyd, selfs in ons asem’ – Eileen Elias Freeman

’n Jaar vol engele! Hierdie unieke dagboek en joernaal vir kinders bevat nie net plek om elke dag jou gedagtes neer te skryf nie, maar is propvol engele. Engele om ons is ’n kombinasie van dagstukkies en gebede, aanhalings en idiome, gedigte en rympies, Bybelstories en ander staaltjies oor al die wonders van engele … en nog baie meer.

Wendy Maartens is die samesteller van hierdie joernaal en dit word aangevul deur ’n pragtige bladuitleg en illustrasies.

Oor die samesteller

Wendy se passie is om kinders te help om hulself, hul leefwêreld en mekaar oor kultuurgrense heen beter te verstaan deur die stories van hul komvandaan. Wendy is die enigste jeugboekskrywer in Suid-Afrika wat die afgelope dekade 14 versamelbundels van hoogstaande gehalte onder hierdie vaandel gelewer het. Haar kanonisering van volksverhale, legendes en ware stories tot heldeverhale, dierestories en spookstories trap diep spore in die literêre storielandskap van bewaring terwyl sy kinders bemagtig om die uitdagings van elke dag deur middel van stories die hoof te bied. Wendy beskou haarself as ’n ‘keeper of South African legends and folktales’.

Categories Afrikaans Non-fiction South Africa

Tags Afrikaans Engele om ons Engele om ons: Alles-in-een joernaal LAPA LAPA Uitgewers LUCA New books New releases Wendy Maartens


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments