Afrikaans

Wednesday – 30th September 2020

Lees ’n uittreksel uit Plek van poue deur Henriëtte Linde-Loubser (Plus: Kyk na die aanlynbekendstelling op Facebook)

Lees ’n uittreksel uit Plek van poue deur Henriëtte Linde-Loubser, ’n gotiese roman in die tradisie van Victoria Holt, en kyk na die aanlynbekendstelling op Facebook.

Monday – 28th September 2020

Vier nuwe Romanzas vir September 2020: Winternag deur Madelie Human, Liefde vir ’n dromer deur Didi Potgieter en nog!

Hierdie September bied LAPA vier splinternuwe Romanzas aan – Winternag deur Madelie Human, Liefde vir ’n dromer deur Didi Potgieter, Waar die spoke sing deur René van Zyl en Die kwêvoël roep deur Alexa Steyn.

Friday – 25th September 2020

kykNET-Rapport-boekpryse 2020: Strafjaart deur Theo Kemp wen die Jan Rabie-Rapportprys vir nuwe prosa

Die Jan Rabie-Rapportprys vir debuut- of tweede prosawerke, wat deel uitmaak van die kykNET-Rapport-boekpryse, gaan vanjaar aan Theo Kemp vir sy roman Strafjaart, wat by Penguin Random House SA verskyn het.

Hoe lyk Pretoria in die jaar 2057? Vind uit in Toekomsmens deur Isa Konrad – nou beskikbaar!

Isa Konrad se jongste spekulatiewe roman, Toekomsmens, is nou beskikbaar. Ideaal vir aanhangers van Margaret Atwood se Oryx and Crake en The Handmaid’s Tale.

Wednesday – 23rd September 2020

Offers vir die vlieë: Fanie Viljoen se grensverskuiwende roman en wenner van die LAPA Jeugromankompetisie 2019

Offers vir die vlieë deur Fanie Viljoen, ‘n uitdagende en grensverskuiwende roman, die eerste van sy soort in Afrikaanse jeugliteratuur, en die wenner van die LAPA Jeugromankompetisie 2019, is nou beskikbaar.

Tuesday – 22nd September 2020

Lees drie stories uit Boodskapper van die gode deur Murray La Vita, benoem vir die 2020 kykNET-Rapport-boekpryse

‘Hello, Elvis here’: Lees drie stories uit Boodskapper van die gode, ’n keur uit die veelbekroonde joernalis Murray La Vita se rubrieke, sketse en essays – benoem vir die 2020 kykNET-Rapport-boekpryse.

Monday – 21st September 2020

Lees ’n stomende uittreksel uit Smit Motors deur Réney Warrington, benoem vir die 2020 kykNET-Rapport-boekpryse

Lees ’n uittreksel uit Smit Motors deur Réney Warrington, wat onlangs benoem is vir die 2020 kykNET-Rapport-boekpryse in die filmafdeling.

ATKV-Woordveertjies 2020: Harry Kalmer benoem vir sy skitterende roman, In ’n land sonder voëls

Die ontslape Harry Kalmer is pas benoem vir ’n 2020 ATKV-Woordveertjie vir sy skitterende roman, In ’n land sonder voëls. Die wenners sal vanaf 19 tot 23 Oktober op die ATKV se Facebookblad bekend gemaak word.

Friday – 18th September 2020

Chanette Paul, Dina Botha en Sophia Kapp benoem vir die ATKV-Woordveertjies 2020

Drie LAPA-boeke is pas benoem vir die 2020 ATKV-Woordveertjies – Lira deur Chanette Paul, Halsoorkop verlief deur Dina Botha en Tweede kans op geluk deur Sophia Kapp.

Thursday – 17th September 2020

Gaan hierdie ’n duur les wees? Vind uit in Vita du Preez se jongste erotiese roman, Skoolgeld

Aanhangers van 50 Shades of Grey sal aanklank vind by Vita du Preez se jongste erotiese roman, Skoolgeld. Nou beskikbaar by Wenkbrou.

Tuesday – 15th September 2020

Leer hoe om mense te beïnvloed en geld te maak in Word ’n influencer deur Elma Smit (Also in English: Become an Influencer)

Hoe word mens ’n influencer? Elma Smit gesels met Nadia Jaftha, Katinka die Kat, Bouwer Bosch en Rachel Kolisi en ander om uit te vind in Word ’n influencer. Also available in English as Become an Influencer.

Monday – 14th September 2020

Video: Hoe lyk ’n hartseer likkewaan? Four Corners-akteur Brendon Daniels lees voor uit Swart Swaan deur Wilken Calitz

Die bekroonde akteur Brendon Daniels het onlangs ’n uittreksel voorgelees uit Wilken Calitz se betowerende debuutroman, Swart Swaan. Kyk na die video.

Graffiti-aanlynkuier: Moenie Vita du Preez in gesprek oor haar jongste erotiese roman Skoolgeld misloop nie! (17 Sep)

Graffiti Boeke en Wenkbrou nooi jou uit na die aanlynbekendstelling van Skoolgeld deur Vita du Preez.

Friday – 11th September 2020

Op die kortlys vir die Jan Rabie-Rapportprys vir nuwe prosa: Lees ‘n uittreksel uit Strafjaart deur Theo Kemp

Die wenner van die Jan Rabie-Rapportprys word op 19 September bekendgemaak. Lees solank ‘n uittreksel uit Strafjaart deur Theo Kemp, ‘n storie waar hoop en wanhoop ’n maalkolk kan raak.

[2020 kykNET-Rapport-boekpryse] Lees ’n uittreksel uit Robey Leibbrandt: ’n Lewe van fanatisme deur Albert Blake

Lees ’n uittreksel uit Robey Leibbrandt: ’n Lewe van fanatisme deur Albert Blake – benoem vir die 2020 kykNET-Rapport-boekpryse.

Thursday – 10th September 2020

Luister: Wat dryf vroue soos Cecilia Steyn om te moor? Jana Marx gesels met Lynette Francis op RSG oor Afspraak met moord

Jana Marx was onlangs ’n gas op RSG se Praat Saam-program waar sy met Lynette Francis gesels het oor haar jongste boek, Afspraak met moord.

Wednesday – 9th September 2020

Graffiti-aanlynkuier: Connie Luyt gesels met Phyllis Green oor haar jongste roman, Waar onthou begin (15 Sep)

Penguin Random House SA en Graffiti Boeke nooi jou uit na die virtuele bekendstelling van Waar onthou begin deur Connie Luyt, in gesprek met Phyllis Green.

Luister! Deon Lamprecht lees ’n uittreksel voor uit Die Brug: Na die hel en terug in Angola (Plus: Onderhoud)

Deon Lamprecht het onlangs ’n uittreksel voorgelees uit sy jongste boek, Die Brug: Na die hel en terug in Angola. Luister na die voorlesing.

Tuesday – 8th September 2020

Graffiti-aanlynkuier: Wat gebeur as jy die apokalips misloop? Hannes Barnard gesels oor sy nuwe roman, Wolk (10 Sep)

LAPA Uitgewers en Graffiti Boeke nooi jou graag na ’n aanlynbekendstelling van Hannes Barnard se jongste jeugroman, Wolk. 

Monday – 7th September 2020

Robey Leibbrandt: ’n Lewe van fanatisme deur Albert Blake benoem vir die 2020 kykNET-Rapport-boekpryse

Aandag! Robey Leibbrandt: ’n Lewe van fanatisme deur Albert Blake is vanjaar benoem vir die 2020 kykNET-Rapport-boekpryse!