C

Offers vir die vlieë: Fanie Viljoen se grensverskuiwende roman en wenner van die LAPA Jeugromankompetisie 2019
 More about the book!

Op sewentien, toe ons by Opleidingskamp Alpha rapporteer, het ons elkeen ons eie S13 gekry. Daardie dag, toe ek my hande op die swart metaalhuls van die geweer lê, het iets in my doodgegaan. Ek het dit net nie toe al besef nie.

Dertig soldate kry van kleintyd af intense weermagopleiding in ’n distopiese staat.

Ses jong soldate, ontneem van hul menslikheid en hulle jeug, bly oor en word ontplooi na die Front.

Een van hulle vermoor hul seksieleier.

Almal ontken hulle is skuldig.

Wie van hulle lieg?

Offers vir die vlieë deur Fanie Viljoen, wenner van die LAPA Jeugromankompetisie 2019, is nou beskikbaar!

Wat maak hierdie boek anders?

Hierdie roman kan beskryf word as ’n jong volwasse 1984. Een van die beoordelaars skryf: ‘Hierdie verhaal is een van die beste wat ek in ’n lang tyd in Afrikaans gelees het.’ Suid-Afrikaanse tieners sal kan identifiseer met temas van geweld, verlies van identiteit en boeliegedrag. Hierdie is ’n uitdagende en grensverskuiwende roman; die eerste van sy soort in Afrikaanse jeugliteratuur.

Oor die outeur

Fanie Viljoen is een van die mees geliefde en diverse Afrikaanse kinder- en jeugboekskrywers. Sy boeke BreinBliksem en Onderwêreld is albei met die Sanlamprys vir Jeuglektuur bekroon, en hy het al ’n rits ATKV-Woordveertjies en ’n M.E.R.-prys ingepalm. Sy verhale Betower en Afkop was naaswenners in LAPA se jeugromankompetisie en in 2019 wen hy met Offers vir die vlieë.

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans Fanie Viljoen LAPA Jeugromankompetisie 2019 New books New releases Offers vir die vlieë


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments