C

Leer hoe om mense te beïnvloed en geld te maak in Word ’n influencer deur Elma Smit (Also in English: Become an Influencer)
 More about the book!

‘Noodsaaklik vir elkeen wat invloed wil uitoefen op sosiale media.’ – Rolene Strauss, Mejuffrou Suid-Afrika 2014

Moet ’n mens gewild wees om geld te maak uit sosiale media? Nee!

Daar ís egter ’n hele rits duur lesse wat verified influencers, of erkende meningsvormers (dáái met die blou regmerkies), almal op die harde manier geleer het.

Tradisionele media speel toenemend tweede viool vir digitale en sosiale media – ’n rewolusie wat aan inhoudskeppers ongekende (en lonende!) nuwe geleenthede bied. Elma Smit het in 2019 as aanbieder die hoogste sport bereik: sy is deur twee globale organisasies gekies om die verteenwoordiger van hul digitale inhoud by twee verskillende wêreldbekertoernooie in minder as ses maande te wees. Tóg het sy in dieselfde tydperk meer munt daaruit geslaan om ’n influencer te wees as uit enigiets anders.

In Word ’n influencer laat een van SA se topinhoudskeppers en -influencers vir die eerste keer die aap uit die mou oor hoe ’n mens ’n lojale gehoor opbou, hoeveel jy vir geborgde veldtogte kan vra en hoe om die vele slaggate te vermy. Nadia Jaftha, Katinka die Kat, Bouwer Bosch en Rachel Kolisi tel onder die uitgelese geselskap van influencers wat ook hul geheime deel, terwyl plaaslike en oorsese bemarkingsghoeroes verduidelik waarna hulle op soek is wanneer daar op influencers vir veldtogte besluit word.

Also available in English as Become an Influencer. The English ebook is titled Conversations with Influencers.

Oor die outeur

Elma Smit is ’n sportaanbieder en vervaardiger met ’n benydenswaardige lys kliënte: die Internasionale Krieketraad, Wêreldrugby, Jacaranda FM, SuperSport, MasterCard, Vodacom, Nedbank, Castle Lager, Accenture, Shell en Club Med. Voor haar loopbaan as sportaanbieder was sy onder meer ook ’n nuus- en aktualiteitsaanbieder by kykNET se Dagbreek, ’n profielskrywer vir Netwerk24, en ’n MK- en 5FM-aanbieder. Voor haar loopbaan as influencer en aanbieder het sy ’n regsgraad aan die Universiteit Stellenbosch verwerf, asook ’n honneursgraad in joernalistiek aan die Universiteit van die Witwatersrand.

Categories Afrikaans Non-fiction South Africa

Tags Become an Influencer Bouwer Bosch Elma Smit Katinka die Kat LAPA LAPA Uitgewers Nadia Jaftha New books New releases Rachel Kolisi Self-help Word 'n influencer


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments