C

Vier nuwe Romanzas vir September 2020: Winternag deur Madelie Human, Liefde vir ’n dromer deur Didi Potgieter en nog!
 More about the book!

Winternag deur Madelie Human

Hy is in die winter van sy lewe,  maar sy is ’n ontembare vuur …

Belinda Behrens is ’n befaamde sangeres wat dikwels op koerantvoorblaaie pronk, maar haar hart hunker na meer. Sy wil haar dogter leer ken, uit die kollig kom en ’n tuiste op Groeneweide maak. Ongelukkig wil die beesboer met sy heldergroen oë haar net nie uitlos nie.

Jaco Greyling is in die winter van sy lewe. Sy vrou is oorlede, sy twee tieners gee vir hom elke dag ’n ekstra kolletjie grys hare en hy staan op die rand van bankrotskap ná jare van droogte. Hy is hoegenaamd nie gereed vir enige verhouding nie, maar die mooie Belinda met haar onwrikbare geloof dat die son weer sal skyn, spook by hom. Ten spyte van talle struikelblokke ontwikkel daar iets tussen hulle wat nie een van hulle kan vermy nie, en waar daar liefde is, is daar hoop.

Ook beskikbaar as e-boek:

***

Liefde vir ’n dromer deur Didi Potgieter

Liefde is soos om met oop oë te droom.

Petri is ’n bofbalspeler in New York en Katryn is ’n plaasmeisie wat haar pa se besigheid aan die ander kant van die wêreld bestuur. Hulle het wel een ding in gemeen: Hulle albei moet in Pretoria wees vir die lees van Petrus Theron se testament.

Petri erf aandele in Petrus se besigheid en Katryn is woedend oor haar stiefpa se halsoorkop besluit. Hy is boonop onmoontlik sexy, hardkoppig en so ryk soos Midas. Katryn, wat moes hard werk vir alles wat sy het, gaan nie toelaat dat enigiemand haar droom kom steel nie. Al soen hy hóé lekker!

Hy moet vir drie maande by die besigheid betrokke wees voor Katryn sy aandele kan koop, maar sy besef gou dat sy Petri heeltemal verkeerd opgesom het, en dat sy nie haar droom hoef prys te gee om plek te maak vir ’n nuwe een nie …

Ook beskikbaar as e-boek:

***

Waar die spoke sing deur René van Zyl

Sy moet spoke uit haar verlede in die gesig staar voordat hulle ’n toekoms saam kan hê.

Eleanor Lindeque is ’n geskeide uitgewer, maar haar droom is om skrywer te wees. Toe die aantreklike hotelmagnaat Oliver Montgomery haar vertel dat sy oorlede oupa en Eleanor se confidant vir haar landgoed in Engeland nagelaat het, besef sy dat dit die perfekte tyd is om haar drome na te streef. Behalwe dat dié landgoed ’n ou kerk met ’n begraafplaas is waar Oliver se eie spoke nog wegkruip, hy duidelik nie in haar belangstel nie, en haar glad nie vertrou nie. Sy het ook ’n paar spoke uit haar verlede wat sy in die gesig moet staar voordat sy ’n toekoms saam met Oliver kan hê.

Sy familie maak ook nie die situasie makliker nie. Sy broer is ’n berugte casanova en dit lyk asof sy ma vir Oliver haat. Waarvoor het sy haarself ingelaat?

Ook beskikbaar as e-boek:

***

Die kwêvoël roep deur Alexa Steyn

Maak jou oë toe en luister …

Hannah du Toit besluit om haarself op Tijgerpoort te vestig in die huis wat eers haar en haar oorlede man se vakansiehuis was. Sy is opgewonde oor ’n nuwe toekoms – veral nadat sy kennis maak met ’n man wat feitlik onmiddelik haar hartsnare roer.

Iemand uit Hannah se verlede duik onverwags op en sy moet sekere gebeure in haar verlede opnuut konfronteer. ’n Jarelange vriend en vaderfiguur staan haar by om ’n belangrike besluit te neem en sy kom agter dat die nuwe man in haar lewe ook bagasie uit sy verlede saamdra. Maar ’n groot veldbrand lei tot byna noodlottige gevolge …

Ook beskikbaar as e-boek:

***

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans Alexa Steyn Didi Potgieter Die kwevoel roep LAPA LAPA Uitgewers Liefde vir 'n dromer Madelie Human New books New releases René van Zyl Romanza Waar die spoke sing Winternag


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments