C

ATKV-Woordveertjies 2020: Harry Kalmer benoem vir sy skitterende roman, In ’n land sonder voëls
 More about the book!

Die ontslape Harry Kalmer is pas benoem vir ’n 2020 ATKV-Woordveertjie vir sy skitterende roman, In ’n land sonder voëls.

Die ATKV-Woordveertjies bekroon jaarliks uitsonderlike prestasie rondom die Afrikaanse woord. Die wenners vir 2020 sal vanaf 19 tot 23 Oktober op die ATKV se Facebookblad bekend gemaak word. Baie geluk aan al die finaliste.

In ’n land sonder voëls het in Junie 2019 verskyn – kort voor die skrywer op 26 Julie 2019 aan kanker gesterf het – en is ’n verdoemende ondersoek na die impak van ’n totalitêre bestel en een man se besinning oor sterflikheid en dít wat ons mense maak.

Dit was die vyftiende jaar van ekonokrasie. Vyftien jaar nadat ons ons demokrasie vir die Korporasie verruil het. Die politiek is geprivatiseer. Nes ons polisiediens en hospitale, dekades vroeër.

Danksy tegnologie, die stygende reënval, die veranderende klimaat, kon die land aan derduisende yskoue, dankbare Amerikaners en Kanadese blyplek bied. Vir beide die aankomelinge én die gevestigde inwoners het voorspoed en ’n beter lewe aangebreek. So het ons geglo, of so is aan ons vertel. Maar nou leer ek ’n nuwe taal. Die taal van onthou. En dit maak my gevaarlik.

Wanneer ’n mediese dokter die aandag van die Sentinels trek, moet hy deur ’n verwoeste landskap vlug. In ’n wêreld waar ’n skynson lig verskaf, raak hy ’n pion in ’n komplot waarvan hy onbewus is. Selfs die verdwyning van sy kind tydens die chaos en die kosopstande voor die Wending kon hom nie hierop voorberei nie.

In ’n land sonder voëls is ook benoem vir die Universiteit van Johannesburg-pryse vir 2020 en het onlangs op die 2020 kykNET-Rapport-boekpryse se fiksie-kortlys verskyn.

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags 2020 ATKV-Woordveertjies Afrikaans ATKV Awards Harry Kalmer In 'n land sonder voels Penguin Random House SA


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments