C

Chanette Paul, Dina Botha en Sophia Kapp benoem vir die ATKV-Woordveertjies 2020
 More about the book!

Die ATKV-Woordveertjies bekroon jaarliks uitsonderlike prestasie rondom die Afrikaanse woord en het pas die kortlyste vir 2020 aangekondig.

Lira deur Chanette Paul verskyn op die liefdesroman-kortlys, terwyl Halsoorkop verlief deur Dina Botha en Tweede kans op geluk deur Sophia Kapp meeding vir die romanse-prys.

Die wenners vir 2020 sal vanaf 19 tot 23 Oktober op die ATKV se Facebookblad bekend gemaak word. Baie geluk aan al die finaliste.

Meer oor die romans

Lira

Lira kan feitlik enige gebreekte ding mooi of bruikbaar maak, maar met liefdesverhoudings vaar sy minder goed. Veral waar daar kinders betrokke is. Sy het geen benul hoe om ʼn ma te wees nie. Tog het sy geglo sy sal iets kan uitwerk wat waarde toevoeg tot Frank en Debbie se lewe.

Dit is egter die een upcycling-projek waarin sy jammerlik misluk het.

Sy beland op Vywerbaai waar sy ʼn winkeltjie vir haar upcycle-produkte wil oopmaak. Die finansiële risiko’s wat sy neem is enorm en teenspoed bly nie uit nie, maar sy bly vasberade – upcycle gaan sy haar lewe upcycle.

Lira wen die kosbare vriendskap van drie eiesoortige vroue en die respek van ʼn vierde, maar verloor haar hart aan die verkeerdste man denkbaar – een met ʼn sterwende vrou en ʼn kind wat Lira haat.

Die legende van die vywervrou van Vywerbaai word die tema van Lira se winkel, maar hou ook ʼn waarskuwing in: Ter wille van sy kinders, sal ʼn man sy taaibosspies deur ʼn vywervrou se hart druk en haar visstert gaarmaak sodat hulle kan eet.

Maar soos haar vriendin Corali sê: ‘Ons vywervroue laat ons nie fokken opvreet nie. Deur geen man, vrou of kind nie.’

***

Halsoorkop verlief

Toe die klok 12:00 slaan om die nuwe jaar in te lei, besluit Annemi Morkel dat sy net een nuwejaarsvoorneme gaan hê, en dis om halsoorkop verlief te raak. Haar huismaat, Leana, trou oor drie weke, en sy is dan die enigste een in hul vriendekring wat nog alleen is.

Rohan, Leana se ouer broer, daag een nag onverwags by haar huis op om vir sy suster te kom kuier voor haar troue, en impulsief nooi Annemi hom om daar te kuier al is Leana en hul ouers weg met vakansie. Dit lyk of hy nét die regte man is om haar te help met hierdie voorneme. En sy kan natuurlik ook nie die vuurwerke tussen hulle ignoreer nie …

 

 

 

***

Tweede kans op geluk

Nanette gaan terug na haar skoonouers se plaas, Geluk, maar dinge is nie hoe sy dit onthou nie. Haar seer en swaarkry is eg, maar is dit net een kant van die storie? Ontstig ontdek sy dat haar swaer, Barry, wat sy maklik kon afmaak as ongevoelig is iemand wat weet wat die liefde is en hoe diep dit kan reik.

 

 

 

 

 

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags 2020 ATKV-Woordveertjie Afrikaans Awards Chanette Paul Dina Botha Halsoorkop verlief LAPA LAPA Uitgewers Lira Sophia Kapp Tweede kans op geluk


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments