C

Nuwe voorraad beskikbaar! Huiskos deur Herman Lensing is weer op die rakke (Plus, luister na ‘n onderhoud op YouTube)
 More about the book!

Huiskos deur Herman Lensing is so gewild – dit vlieg skoon van die rakke af! Die nuutste herdruk van Herman se sesde kookboek is nou beskikbaar by jou naaste boekwinkel in Afrikaans én Engels as Home Cooking.

In Huiskos bewys Herman weereens dat nostalgie die beste geurmiddel is. Lus vir ‘n voorsmaak? Probeer gerus sy gratis resepte vir Bobotiefrikkadelle, Gerookte varkboud en Sjokolade-karameltert, onverbeterlike Noord-Kaapse vyekonfyt asook Tuisgebakte hondekoekies vir jou beste vriend.

‘Ons almal is op soek na veiligheid’ – Herman Lensing

Herman het onlangs vir Anne-Marie Burger vertel dat Huiskos binne die eerste drie weke uitverkoop is. ‘Ons almal is maar op soek na veiligheid, en ek dink die eerste plek waar jy dit gaan soek is in jou ma se kos, jou huiskos, dit wat jou hart laat vinniger klop,’ sê hy oor sy boek se gewildheid.

Luister na die onderhoud:

En lees Anne-Marie se lesersindruk van Huiskos op LitNet:

Categories Afrikaans Cookery Non-fiction South Africa

Tags Cookbooks Herdruk Herman Lensing Home Cooking Huiskos Interviews Kookboek Litnet News Penguin Random House SA Recipes Reprint YouTube


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments