C

Wat is ’n huis sonder ’n hond? Laai Herman Lensing se Tuisgebakte hondekoekies-resep af uit Huiskos!
 More about the book!

Uiteindelik! ’n Kookboek wat jou hondekinders in ag neem. Bederf jou beste vriend met Herman Lensing se maklike resep vir Tuisgebakte hondekoekies uit sy nuutste kookboek, Huiskos.

  • Blaf jou hond net in Engels? Huiskos is ook beskikbaar as Home Cooking.

Herman onthou …

‘As julle my ken, sal julle weet dat ek is baie lief vir diere, en veral my eie honde, Truffle, Nguni en Vanilla, is diep in my hart. […] Ek bak hierdie koekies vir my viervoetkinders as ‘n bederf net om vir hulle dankie te sê dat hulle hart van liefde myne is.’

Tuisgebakte hondekoekies

Maak 40 – 50 koekies

Bestanddele

  • 180 ml pampoenpuree (kook pampoen op in water sonder enige sout of suiker)
  • 60 ml onversoete grondboontjiebotter (geen suiker of versoeters, lees die etiket)
  • 2 eiers
  • 420 g (750 ml) volkoringmeel, plus ekstra vir uitrol
  • 100 g fyn biltong (koop biltong sonder baie sout by jou veearts of dierewinkel)

Metode

  1. Verhit die oond tot 180°C.
  2. Meng die pampoen, grondboontjiebotter, eiers, meel en biltong tot ’n sagte koekiedeeg vorm – voeg ekstra meel by as dit te klam is.
  3. Voer 2 groot bakplate met bakpapier uit en spuit goed met kleefwerende kossproei.
  4. Spinkel ekstra meel op die werkoppervlak en rol die deeg tot so 5 mm dik uit.
  5. Gebruik koekiedrukkers met vorms van jou keuse en druk koekies uit.
  6. Plaas die koekies op die bakplate en bak 20 – 25 minute of tot goudbruin.
  7. Laat afkoel en roep vir Wagter!

Onthou: Hondekoekies is ’n bederf. So kyk na jou hond se gesondheid en moenie te veel bederf nie; ek weet dis moeilik!

Nog resepte:

Categories Afrikaans Cookery South Africa

Tags Afrikaans Herman Lensing Huiskos Penguin Random House SA Recipes Resepte Tuisgemaakte hondekoekies


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments