Sophia Kapp

WEN ’n pragtige geskenkpak met 5 van Sophia Kapp se beste romans! Kompetisie geldig tot 31 Maart 2022

Wil jy wegstap met ’n Sophia Kapp-geskenkpak? Teken nou in op LAPA Uitgewers se nuusbrief om in aanmerking te kom vir die prys!

Video: Sophia Kapp en Elize Davies wen AKTV-Woordveertjies 2021

Veels geluk aan Sophia Kapp en Elize Davies, wenners van die ATKV-Woordveertjies 2021 vir romanses en liefdesverhale.

Nege LAPA-skrywers benoem vir die ATKV-Woordveertjies 2021!

Die finaliste vir die ATKV-Woordveertjies 2021 is pas aangekondig! Veels geluk en sterkte aan al die LAPA-skrywers.

Potgooi: ‘Die era van valse ordentlikheid is verby!’ Ilse Salzwedel gesels met Sophia Kapp en Leonie van Rensburg oor Lyfskap

Luister hoe gesels Ilse Salzwedel met Sophia Kapp en Leonie van Rensburg oor hul bundel erotiese verhale, Lyfskap, op RSG.

Wat is die moeilikheid met Piña Coladas? Vind uit in Elsa Winckler se stomende erotiese verhaal in Lyfskap [Uittreksel]

Lees hier die eerste hoofstuk van bekroonde skrywer Elsa Winckler se erotiese verhaal in Lyfskap.

‘Dit is ’n vrede wat nooit vervaag nie’ – Sophia Kapp gesels met Naomi Meyer oor haar liefde vir skryf en haar jongste roman, Kanaän

Naomi Meyer het onlangs met Sophia Kapp gesels oor haar jongste roman, Kanaän, die sneller van die verhaal, en hoe die Covid-19 pandemie haar kreatiwiteit beïnvloed. 

O, soete verleiding! Vind meer uit oor Lyfskap, ’n versameling erotiese verhale deur top Afrikaanse skrywers

LAPA Uitgewers stel bekend Lyfskap saamgestel deur Sophia Kapp en Leonie van Rensburg – ’n versamel erotiese verhale oor die liefde, wellus, genot, soete verleiding, passie, honger en vlamvat.

Die ooreenkoms deur Sophia Kapp: ’n wantrouige skoonfamilie, onmoontlike tieners en ’n giftige eks spel moeilikheid

Kan Adam en Petronel hul verskille en die verlede oorbrug om in mekaar die maat te vind wat hulle volledig mens sal maak? Vind uit in Die ooreenkoms deur Sophia Kapp – nuut by LAPA.

Chanette Paul, Dina Botha en Sophia Kapp benoem vir die ATKV-Woordveertjies 2020

Drie LAPA-boeke is pas benoem vir die 2020 ATKV-Woordveertjies – Lira deur Chanette Paul, Halsoorkop verlief deur Dina Botha en Tweede kans op geluk deur Sophia Kapp.

Graffiti-aanlynkuier met Sophia Kapp: Die skrywer gesels met Heino du Plessis oor haar jongste boek, Kanaän (2 Junie)

Graffiti Boekwinkel en LAPA Uitgewers nooi jou hartlik uit na ‘n aanlynkuier saam met Sophia Kapp op Dinsdag, 2 Junie, om 19:00. Moenie dit misloop nie!

‘Dis ’n droom, Ferdinand. Drome kos nooit niks nie’: Lees ’n heerlike uittreksel uit Kanaan deur Sophia Kapp

Hulle moes nooit ontmoet het nie, maar op 17 Junie 1944 loop Catherine in Chrisjan arms in. Lees ’n uittreksel uit Kanaän deur Sophia Kapp.

Sophia Kapp gesels oor Kanaän: ‘Ek skryf vroue wat in moeilike omstandighede sterk word’

Sophia Kapp gesels oor haar jongste liefdesroman, Kanaän: Die verhaal van Chrisjan en Catherine, ’n eenvoudige Afrikanerboer uit die Vrystaat en ‘n gesofistikeerde dogter van ’n skatryk Engelse sakeman.

’n Liefdesverhaal om die kwarantyntydperk op te kikker: Kanaän deur Sophia Kapp is nou by LAPA as e-boek beskikbaar

Hy is ’n eenvoudige Afrikanerboer uit die Vrystaat; sy is die gesofistikeerde dogter van ’n skatryk Engelse sakeman. Sal hulle ooit bymekaar uitkom? Vind uit in Sophia Kapp se jongste boek, Kanaän.